Ek het Dinsdag-oggend by Hoërskool John Vorster geopen. Sondag het ek ook hulle erediens vir die Graad 8’s gehou en HIER daaroor geskryf. Die vraag wat ek Dinsdag-oggend gevra het is:
WATTER SKOENE DRA JOU VERHOUING MET DIE HERE
Ek het verskillende pare skoene saamgevat om die punt vir hulle te illustreer.
Die eerste paar skoene was netjiese hofskoene. Daardie skoene wat veral vrouens net vir spesiale geleenthede aantrek. Het ek dalk ‘n mooi, blink, indrukwekkende verhouding met die Here, maar dit word op Sondae en baie spesiale geleenthede uitgehaal.
Die tweede paar skoene was ‘n paar pantoffels. Ek het ‘n lekker paar skaapvel pantoffels wat ek veral in die winter dra. Pantoffel verhouing sê: “Ek het ‘n ‘commitment’ aan die Here gemaak, maar ek is eintlik n bietjie lui – afgeskakel. Ek dien Hom nie soos ek moet nie?”
Hierna het ek my stapskoene uitgehaal. Die skoene waarmee ek Kilimanjaro geklim het. Ek onthou hoe ek die jaar voor ons geklim het, voorberei het en gereeld die skoene aangetrek het om voor te berei vir Kili. Ek sou nie die top van Kilimanjaro bereik het as ek nie daardie skoene gehad het nie. Sommige van ons se verhouding met die Here is gereserveer vir die tye in ‘n mens se lewe wanneer dit moeilik gaan. Harde werk, maar as ek daardeur is, dan het ek ten minste die stories om te vertel.
Vervolgens was daar ‘n paar skoene wat al verweer het, maar tog te kosbaar is om van ontsale te raak. Hierdie skoene is nie so sleg dat ‘n mens hulle wil weg gooi nie, en hulle is dikwels so gerieflik dat ‘n mens hulle wil hou. Sulke skoene verteenwoordig ‘n verhouding met die Here wat al ‘n baie lang pad kom, maar tog bietjie vernuwing of net ‘n bietjie aanmoediging nodig het.
Dan is daar daardie paar skoene waarvoor ‘n mens nie regtig omgee nie. Ek so ‘n paar “crocs”. Ek dra hulle rondom die huis en het hulle al dikwels oornag buite in die tuin gelos. Die hond het selfs al probeer om daaraan te kou. Hulle is net nie meer vir my so waardevol nie. Sommige mense is op hierdie punt in hulle verhouding met die Here.
Heel laaste was daar natuurlik my werk skoene. Ek het hoofsaaklik een paar skoene wat ek deur die dag dra. My skoene is gerieflik en ek gaan orals met hulle. As gevolg van my werk loop ek elke dag in verskillende omstandighede by mense se huise en tuine en hospitale ens. Gister-oggend moes ek by die skool deur modder en water stap om by die skool uit te kom.
As ek dan my verhouding met die Here met ‘n paar skoene wou vergelyk sou ek graag wou hê dat my verhouding met die Here soos hierdie laaste paar skoene moet wees. Gemaklik, gereed om my enige plek te bring.
Baie nice vergelykings. Ek dink ek is bietjie op die pantoffel skoene, maar ek gaan die jaar daaraan werk – belowe. Dankie Ds Attie.
Dit laat my defnitief dink aan watter skoen ek is, en as ek eerlik met myself moet wees dan is dit nie die beste prentjie nie.
Sjoe! Jy laat ons dink!! Dankie
Mal daaroor om sulke voorbeelde visueel te bedink. Blywende effek op skoliere! Gaan voort met die amazing werk!
Schoenen zijn erg belangrijk bij het eerste uitje voor een leuke date en natuurlijk voor m’n eigen zelfvertrouwen.
Watter Bybelvers/e sal met hierdie teks gepaard gaan?