WAT WAS EERSTE? DIE HOENDER OF DIE EIER?

Ek het voorheen HIER en HIER iets geskryf oor Christian Smith se boek The Bible Made Impossible. In die boek wys Smith hoe Biblisisme of dan ‘n fundamentalistiese siening oor die Bybel ‘n onhoudbare situasie skep waar mens in sirkels rondhardloop en die een verduideliking na die ander moet gee waarom jy dink en glo soos jy dink en glo.

Smith verwys dan ook op verskeie plekke na hoe die kanon tot stand gekom het. Ek dink dit is die moeite werd om net weer te gaan sit en te gaan lees hoe dit gebeur het. (Sien gerus hierdie artikel op WIKIPEDIA)

Ek dink ons vergeet soms die volgorde waarin hierdie dinge gebeur het. Wat was eerste die hoender of die eier? Was die kanon eerste of was die kerk eerste? Selfs al weet mens nie veel van die ontstaan van die kanon nie, moet mens tog besef dat die kerk eerste was. Die eerste gemeentes kort na die die opstanding en hemelvaart van Jesus het wel die Ou Testamentiese geskrifte gehad, maar nie die Nuwe Testament soos ons dit vandag het nie. Die kerk het geboorte gegee aan die boeke wat ons vandag as Nuwe Testament ken.

Scot McKnight maak in sy boek The King Jesus Gospel: The Original Good News Revisited die opmerking dat 1 Korintiërs 15 waarskynlik van die oudste reëls in die Nuwe Testament is. 1 Korintiërs 15 handel oor die opstanding van Jesus.

First Corinthians 15 is nothing less than a lifting up of the curtains in the earliest days of the church; it tells us what everyone believed and what everyone preached. This passage is the apostolic gospel tradition. Thus…

Before there was a New Testament…

Before the apostles were beginning to write letters…

Before the Gospels were written…

There was the gospel.

That gospel is now found in 1 Corinthians 15.

Eers het die kerk rondom van die Evangelie ontstaan. Die Evangelie is die Persoon wat daar was voordat die “evangelie-geskrifte” daar was. Die kerk het toe begin om te skryf oor die Goeie Nuus – van daardie geskrifte ken ons vandag as die Nuwe Testament.

(Natuurlik is daar geskrifte uit daardie tyd wat die teendeel geleer het van wat algemeen aanvaar en verkondig is deur die mense wat saam met Jesus geleef het en deur wie Hy die kerk tot stand laat kom het. Maar, net die feit dat hulle bestaan, maak hulle nie waar nie. in 1 Korintiërs lees ons juis dat Paulus toe reeds bewerings dat Jesus nie uit die dood opgestaan het moes aanspreek.)

Evangelie beteken Goeie Nuus. Die Goeie Nuus is nie ‘n boek nie. Die Goeie Nuus is ‘n Persoon – Jesus Christus die Seun van God wat mens geword het, gekruisig is, gesterf het, opgestaan het en opgevaar het na die hemel vanwaar Hy weer gaan kom.

Eers was daar die Goeie Nuus, toe was daar die Kerk, toe was daar die Boek. Die Boek geskryf deur mense onder die inspirasie van God die Heilige Gees sodat ons met reg kan sê: Hierdie is die Woord van God. Hierdie is die Openbaring van God.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: