IS DIE BYBEL ALLES WAT ONS WIL HÊ DIE BYBEL MOET WEES?

Ek lees Christain Smith se boek: The Bible Made Impossible.

Christian Smith is nie ‘n teoloog nie, maar ‘n sosioloog. Smith het wel aan drie verskillende Universiteite in die VSA teologie studeer, so hy is nie heeltemal onkundig oor die onderwerp wat hy hanteer nie. Hy skryf die boek na aanleiding van wat hy as ‘n onhoudbare situasie beleef met betrekking tot veral die Amerikaanse “Evangelicals” se beskouing oor die Bybel. In die heel eerste parragraaf van sy boek spel hy hierdie onhoudbare situasie uit:

“My contention here is that the American evangelical commitment to “biblicism”… is an untenable position that ought to be abandoned in favor of better approach to Christian truth and authority.”

Ek dink nie ons kan ons self in alle opsigte gelyk stel aan die Amerikaanse “Evangelicals” nie, maar ons kan ook nie die invloed van die Amerikaanse “Evangelicals” op ons kerk-kultuur onderskat nie. Die Skrifbeskouing waarteen Smith dit het, is nie ‘n maaksel van die Amerikaanse “Evangelicals” nie. Dit is ‘n beskouing wat sterk deur die lyne van die Reformasie en die Reformatoriese kerke loop.

Smith het dit dan teen biblisisme. Hy beskryf biblisisme so:

By “biblicism” I mean a theory abouth the Bible that emphasizes together its exclusive authority (Eksklusiewe en hoogste gesag), infallibility(Onfeilbaarheid) , perspicuity (Maklik verstaanbaarheid), self-sufficiency (Self-genoegsaam – niks anders nodig nie), internal consistency (Geen teesntrydigheid in die Bybel self nie), self-evident meaning (Vanselfsprekende verstaan en betekenis) and universal applicability (Universele toepaslikheid).”

Smith kom dan by tien veronderstellings van biblisiste. Terwyl ek deur hierdie tien veronderstellings gelees het, het ek besef dat ek self dalk so nou en dan op die “biblisisme” wa spring. Van die terme wat hy hier gebruik is waarmee baie van ons groot geword het en is ook in sekere opsigte die manier waarop baie mense waarmee ek in aanraking kom, dikwels oor die Bybel dink.

Ek gaan nie al tien hier noem nie. Ek sal vandag die eerste vyf doen en more die res:

1. Goddelike Geskrif: Die Bybel, tot en met die fynste besonderhede van die woorde, bestaan uit en is identies met God se eie woorde wat foutloos in mensetaal geskryf is.

Voorbeeld: Die Heilige Gees is die skrywer van al 66 boeke van die Bybel.

2. Totale Verteenwoordiging: Die Bybel verteenwoordig die totale kommunikasie van God se wil aan ons en vir ons. Die Bybel bevat alles wat God vir die mens wil sê en is die eksklusiewe wyse waarop God met ons kommunikeer.

Voorbeeld: Die Bybel is die volledige wil van God en die absolute gesag oor alles.

3. Totale Dekking: Die Goddelike wil met betrekking tot al die sake wat op Christene se geloof en lewe van toepassing is, is in die Bybel.

Voorbeeld: Die Bybel bevat die oplossing vir elke probleem wat jy ooit sou kon beleef.

4. Demokratiese Verstaanbaarheid: Enige redelik intelligente persoon kan die Bybel in sy/haar eie taal lees en die teks reg verstaan en redelike mense sal almal saamstem oor die betekenis.

Voorbeeld: Almal wat die Bybel reg lees sal saamstem oor die sake waaroor dit in die Bybel gaan.

5. Vanselfsprekende Hermeneutiek: Die beste manier om Bybelse tekste te verstaan is deur dit in die mees eenvoudige, letterlike sin te lees soos die skrywer dit bedoel het. Hierdie lees van die teks kan behels dat die litereêre, kulturele en historiese konteks in ag geneem word, of nie.

Voorbeeld: Die Bybel is so eenvoudig, selfs ‘n kind kan dit lees en dit reg verstaan.

Ek lees in vandag se Beeld hoe Riaan Grobler, ‘n ateis so skryf:

Pierre van Breda voer in sy brief “Ateïste het nie antwoorde op dié geskrif” (Beeld, 4 Januarie) aan dat die Bybel wetenskaplik is, dat die evolusieleer as vals bewys is en dat die Dooie See-geskrifte voorspellings maak wat in die Nuwe Testament waar word.

Dit is van alle waarheid ontbloot.

Nou lyk dit vir my Pierre van Breda gebruik duidelik die Bybel as wetenskaphandboek om die wetenskap van evolusie verkeerd te bewys. Met ander woorde: “As die wetenskap en die Bybel van mekaar verskil is die wetenskap verkeerd.” Ek dink dit is Biblisisme. Ek is daarvan oortuig dat die Bybel op hierdie wyse meer kwaad as goed doen. Hierdie gebruik van die Bybel skep ‘n onhoudbare situasie vir Christene. Eerstens met betrekking tot ons verhouding met wetenskaplikes, maar ook ons verhouding met die Bybel. Hierdie standpunt kan net eenvoudig nie konsekwent gehandhaaf word nie.

Daarmee saam moet ek darem nou ook sê dat die Dooie See Rolle wel Ou Testamentiese geskrifte bevat waarvan profesieë in die Nuwe Testament in Jesus bewaarheid word. Byvoorbeeld die boek Jesaja. Daaroor dalk by ‘n ander geleentheid.

Ek dink Biblisisme kan ‘n probleem wees.

Wat dink jy?

3 thoughts on “IS DIE BYBEL ALLES WAT ONS WIL HÊ DIE BYBEL MOET WEES?

Add yours

  1. Attie – effens ver van die punt af, maar ek het op hierdie artikel afgekom wat my baie bemoedig het en jy dalk reeds van weet:
    Learn about the past this holiday
    “Civilization” (mis-spelled for the benefit of Americans) Harvard and Oxford professor Niall Ferguson sets out to establish how the West, which was far behind China and the Muslim (Ottoman) world in 1400, is economically and militarily now so far ahead.
    The book is full of fascinating anecdotes. We all know that three of the most significant innovations in Europe came from China – paper, the printing press and gunpowder but did you know that a Chinese Admiral Zheng He made three voyages to the east coast of Africa in the early 1400s? He sailed in convoys of up to 40 vessels. His ships were 400 feet long – five times the size of the Columbus’s Santa Maria. Then, just as the great voyages of discovery from Europe really got going, in about 1500 China turned inwards and banned long voyages.
    Ferguson acknowledges the role of Christianity in western civilisation and laments the lack of belief in anything in the West today. He focuses on the Protestant work ethic as its major contribution to our civilisation.
    A Christian would see the hand of God in the unlikely spread of the faith around the world. While unspeakable things were perpetrated in its name, Christian love, regard for the humblest citizen and its distaste for demagoguery, pride and power surely also contributed to Western progress.
    Many of the great humanitarian breakthroughs, from poor houses to the first public schools and hospitals, not to mention the ending of slavery, had Christian roots. The great universities, Oxford, Cambridge and Leiden not to mention Harvard, Yale and Princeton, all had Christian beginnings, as did men of science such as Newton.
    Ferguson records the astonishing growth of Christianity in China. I was amazed to read that a renegade “Christian” leader, Taiping Tianguo, came close to overthrowing the Qing empire before finally being defeated in 1871.
    The cost of the rebellion in human lives was staggering – twice that of the combined casualties of World War 1.
    Christian missionary work went on in China until the Boxer Rebellion in 1900. After that the religion was suppressed. It seems seeds planted then are sprouting now. It is said there are more Christians in China than in Western Europe. Not that it is approved. It is still (partly) tolerated.
    A scholar from the Chinese Academy of Social Sciences is quoted thus: “In the past 20 years we have realised that the heart of your culture is your religion: Christianity. That is why the West has been so powerful. The Christian moral foundation of social and cultural life was what made possible the emergence of capitalism and then the successful transition to democratic politics.”

  2. Na my mening verwoord Lou Alberts dit uitstekend in sy boekie ”Geloof versus Wetenskap” in hoofstuk 3 wat handel oor die Bybel.Die hele boekie is die moeite werd om te lees.Dit is beskikbaar by Christelike Uitgewersmaat-
    skappy.
    Groetnis.

  3. Werner, skryf bietjie in ‘n sin of twee wat jy dink Lou Alberts se mening is. Ek koop nou nie juis graag by CUM nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: