DIE SOSIALE MEDIA

Ek is nie groot op stokperdjies nie. Ek is gaande oor tegnologie en bly redelik op datum daarmee. Ek geniet egter die sosiale media. Ek blog van tyd tot tyd, ek is op twitter en op facebook. Ek “tweet” meestal oor wat ek lees en gebruik twitter veral om die nuus te volg. Ek volg ‘n hele paar joernaliste omdat die nuus my ook baie interesseer. Die Suid Afrikaanse politiek is vir my baie interessant en ek volg so op die sosiale media wat daar gebeur.Ek het gewoonlik gister al al die nuus wat vandag in die media verskyn gelees.

Die nuus het hierdie jaar ‘n hele paar opwindende draaie gemaak. Die opstande in die Noorde van Afrika het Twitter en Facebook laat gons. Lees voort “DIE SOSIALE MEDIA”

A PRAYING LIFE – PAUL MILLER

Ek lees elke jaar ten minste een boek oor gebed. Ek wens ek kon sê dat dit van my ‘n besondere bidder maak, maar ek dink nie dit is so nie.

Die boek wat ek hierdie jaar gelees het is A PRAYING LIFE: CONNECTING WITH GOD IN A DISTRACTING WORLD deur Paul Miller. Ek het vandag die boek klaar gelees.

Miller neem die leser op ‘n besondere reis oor gebed. Wanneer hy in die eerste deel verduidelik wat ‘n “Praying Life” is, dan kry jy as leser die gevoel: “Ek kan dit doen!” Sy verduideliking oor sinisme en hoe die modernisme feitelikheid en wetenskap en bewysbaarheid tot god verhef het, help jou om te verstaan waarom mense (soms ek ook) so sinies raak oor gebed. Sinisme wat tot uitdrukking kom in uitsprake soos: “Gebed verander niks nie.” “Gebed is eintlik maar net ‘n selfgesprek.”  “Gebed verander die bidder en niks anders nie.” Sinisme word soms so sterk en so openlik verwoord dat die bidders stil raak en ander gelowiges met die vraag worstel: “Waarvoor mag ek dan bid?”

Paul Miller noem egter dat deel van om soos ‘n kind te bid is om met jou gebed te gaan waar jou gedagtes gaan. Ek het in die sewentigerjare in die koffiekroeg in Oudsthoorn  geleer dat gebed ‘n patroon volg: Lees voort “A PRAYING LIFE – PAUL MILLER”

MATRIEKVAKANSIE

Die Dagblad Beeld het n artikel oor Matrieks se vakansie in Margate. Gaan kyk en lees gerus HIER en HIER. Ek veronderstel daar gaan baie regverdiging uit verskeie oorde wees. Onder andere dat dit nie noodwendig waar is van al die matrieks wat hierdie tyd van die jaar in Margate is nie en dat hulle in elk geval of soortgelyke dinge reeds beleef het of volgende jaar, wanneer hulle nie meer direk onder die ouers se toesig is nie, soortgelyke dinge gaan ervaar.

My eie ervaring met tye wat ek self in Margate of in Plett was in die tyd van die Matriekvakansie, maak dat ek anders voel. Lees voort “MATRIEKVAKANSIE”

Blog at WordPress.com.

Up ↑