VANDAG SE TIENERS – DIE “SO WHAT” GESLAG

Die post-moderne mens is ‘n spirituele mens. Hy is op soek na een of ander vorm van spiritualiteit. Hierdie spiritualiteit behels dat hierdie mens tog vrae vra met betrekking tot die doel van die lewe; ‘n opperwese; God se plan met my lewe; ens. Die implikasie daarvan is dat ons as Christene dan ten minste by hierdie vrae wat gevra word kan aansluit en dit gebruik as ‘n geleentheid om ‘n verhouding aan te knoop en die evangelie te deel.

Nou wil dit lyk asof die gety weereens gedraai het. Die gedagte van die post-moderne mens as iemand met ‘n spirituele behoefte was blykbaar (soos iemand dit noem) “the flavour of the decade”. Die nuwe groep mense waarmee die kerk rekening moet hou is die “so what” mense. Cathy Lynn Grossmann skryf HIER ‘n artikel daaroor. Ek dink ons is nou baie nader aan die mense met wie ons werk.

Ek is tans die slagoffer (:-) van ‘n vierde tiener en, anders as ander ouers en tieners het die Here my nie geseën met foutlose wesens as kinders nie. Ek het elkeen van my kinders onvervangbaar baie lief, maar hulle is nie volmaak is nie. Daarmee saam werk ek al vir meer as 20 jaar met tieners. Die tieners met wie ek vandag werk is anders as die tieners wat saam met my oudste dogter Andrèa (nou 29) deel van ‘n tienergroep was.

Die “so-what-beskrywing” is vir my ‘n lekker beskrywing. Ek werk met tieners wat aan die einde van Graad 11 belydenis van geloof (moet) aflê. Die kerk verwag dit, ouers verwag dit, my vriende doen dit. Ek doen dit. Intussen is hier ‘n baie groot “so-what” benadering. Ek het verlede jaar individuele onderhoude met elkeen van die tieners in die Belydenisklas gehad. Uit die 38 was daar nie meer as 5 wat gesê het dat hulle met hulle vriende oor God of godsdiens of kerk praat nie. Daar was wel ‘n redelike groot groep wat gesê het hulle sou graag wou, maar daar was ‘n ontstellende groot groep wat gesê het dat dit nie regtig saak maak of enige iemand op enige ander plek of enige ander tyd behalwe by die kerk oor die dinge praat nie. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink dit is die “so-what-generasie.”

Die “so-what-benadering” beteken dat ons nie eers die moeite gaan doen om te veel aandag te gee aan die vraag of God regtig bestaan, wat sy doel en plan vir my lewe is en hoe ek in ‘n verhouding met Hom kan lewe nie. Dalk is dit waar, maar “so-what”.

Ek sê nie hierdie dinge om ‘n doemprofeet te wees nie. Ek sê hierdie dinge sodat ons as Christen-gemeenskap kan vra: “Hoe maak ons met die “so-what-generasie?”

4 thoughts on “VANDAG SE TIENERS – DIE “SO WHAT” GESLAG

Add yours

  1. Ek dink ek was toentertyd al deel van die ‘so-what’ generasie. Ek is nie ‘kerkvas’ nie, maar ‘geloofvas’. Vandag nog leef ek my geloof op baie gebiede uit … nie net in kerk toe gaan nie. Ek dink baie kinders word vandag ‘ontnugter’ groot omdat almal se foute en oortredings aan die groot klok gehang word agv moderne tegnologie. Ek weer glo -agv gebeurtenisse in my lewe- dat mens meer versigtig moet wees vir die mense wat voor in die kerk sit as die wat agter sit. Sad but true – maar dis my persepsie.
    My man voel altyd skuldig as ons nie kerk toe gaan nie. Ek voel nooit skuldig nie, want ek leef my geloof elke dag met my foute wat ek maak, oortredings wat ek begaan, maar my strewe is altyd om my geloof in elke dag te verweef sodat mense nie ‘n verskil tussen dit wat ek glo en dit wat ek is kan sien nie.

  2. Ek dink ook die so-what generasie bestaan al lankal.Toe ons bv beleidenis van geloof afgele het in die 1970’s was daar katkisante wat bv nooit kerk toe gegaan het nie.Een persoon het spesifiek vir my gese hy het die eerste maal die binnekant van die kerk gesien tydens sy voorstelling.Ons het daardie jare n kamp bygewoon net voor voorstelling en wat my nogal getref het is die ouens wat nooit klas bygewoon het nie, was die ouens wat op die kamp was en hulle is na dit ook voorgestel.Hulle reaksie was toe al so-what as ek nie klas bywoon nie.Ek stem saam, mense beleef geloof verskillend.
    Wie is ons in elk geval om vinger te wys.
    Groetnis.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: