WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS

Verlede jaar het ‘n sekere Willem ‘n brief in die dagblad BEELD geskryf onder die opskrif “Ds. Kannieamenkrynie en Kie”. Hy vra toe in die brief vir “die huidige ‘n insig dat die maagdelike geboorte, asook die ander stories oor die geboorte van Jesus, bloot mites is en as sulks erken en gepredik moet word.”

Kersdiens 2011 was toe nie Willem-loos nie. Hy het weer ‘n brief geskryf om te sê dat hy wel ‘n kersdiens bygewoon het. Maar gelukkig was dit hierdie keer ‘n kersdiens na sy sin. Die dominee het alles gesê wat hy wou gehoor het.Hy skryf onder andere:

“Die prediking was uit die Thomas-evangelie en nie uit een van die tradisioneel Kersfeesvoorlesings uit die Bybel nie.

(Sou enige predikant in die tradisioneel Afrikaanse kerke dit waag om uit die Thomas-evangelie te preek?)

Die prediker het na twee dele uit die Bybel verwys.

Die eerste was die geboorteverhale in die Bybel – met die verskil dat dit deur die prediker as mites uitgewys is wat sou aanpas by die paganistiese mites wat eie was aan die Midde-Ooste en die lande om die Middellandse See in die tyd wat Jesus (sou) geleef het.

Die tweede was ’n verwysing na Adam en Eva – met ’n verklaring dat dit gegrond is op Babiloniese mites wat deur die Jode tydens die ballingskap na Babilonië oorgeneem is.

En niemand het na hul asem gesnak nie en niemand het uitgestorm en gedreig om die prediker van kettery by die sinode te verkla nie.”

Ek is so bly Willem het ‘n dominee gekry wat preek wat hy graag wil hoor. Ek is so bly Willem se dominee maak dit vir hom maklik om ‘n godsdiens sonder geloof te lewe. Volgens die Bybel is geloof om die onsienlike te sien. As jy net vir die waarheid aanvaar wat wetenskaplik bewys en binne die raamwerk van die rede sin maak, glo jy eintlik nie. WIllem het dit juis teen dominees wat volgens hom die waarheid vir hulle lidmate wegsteek deur net te sê wat hulle wil hoor. Nou het hy sy eie dominee wat dit doen.

Met betrekking tot Die Evangelie van Thomas sal ek volstaan met NT Wright se kommentaar in sy kritiek op “The Five Gospels”:

“The Gospel of Thomas and other gnostic gospels claim to be proclamations about Jesus, of the same sort as the four better-known “gospels,” despite the fact that they do not narrate the story of Jesus, do not (for the most part) proclaim him as Messiah, do not tell of his death and resurrection—do not, in fact, do the very things which seem, from the Pauline evidence, to be what the earliest Christians regarded as “gospel.”

Wat Willem se dominee dus nalaat om te sê is dat daar duisende wetenskaplikes, waarskynlik  bietjie meer geleerd en bietjie meer navorsing gedoen as sy dominee, wat al hierdie dinge wat sy dominee preek, nagevors het, bestudeer het, ens. en steeds tot presies die teenoorgestelde gevolgtrekkings kom.Die Evangelie van Thomas is nie ‘n evangelie nie, maar net “geheime woorde (Die geskrif begin so: “These are the secret words which the living Jesus spoke, and which Didymus Judas Thomas wrote down.”) Hoekom geheime woorde?

Dalk het die skeppingsverhale ‘n na-eksilliese oorsprong. Genesis 1 word feitlik nêrens meer aanvaar as ‘n histories-wetenskaplike verklaring vir die begin van alle dinge nie. Genesis 1-3 wil ons leer dat God geskep het en dat God aktief betrokke is by sy skepping en dat Hy die mens gemaak het om in verhouding met Hom te leef.

God het alles geskep. God was in die geskiedenis nog altyd betrokke by sy skepping. Sing ‘n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen – weer en weer en weer. God is almagtig – niks is vir Hom onmoontlik nie.

Ek glo dat Maria deur die krag van die Heilige Gees swanger geword het toe sy ingestem het dat God se wil in haar lewe mag geskied. Hy het haar geseën en op Kersdag vier ons die geboorte van die Seun van God in menslike vorm – Jesus, eers van Betlehe. Later vanNasaret. Nog later van Golgota en drie dae later: Jesus van die leë graf.

Jesus leef.

Ek is bly Willem was weer in ‘n kersdiens. Ek is bly Willem is tevrede. Ek self verwys soms na die evangelie van Thomas, maar ek steun op wetenskaplike navorsing wat tog daarop dui dat die evangelie nie alles is wat Thomas se dissipels vandag wil hê dit moet wees nie.

NS. Lees gerus NT Wright se kritiek op die klein groep wetenskaplikes wat hulleself laat kenas die Jesus Seminaar.

One thought on “WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS

Add yours

  1. Goed geskryf! Ja, so probeer elkeen maar vir homself ‘n klein godsdiensie skep wat pasgemaak is vir sy eie ego en behoeftes. Mense plooi vir God, soos hulle wil he Hy moet wees en nie soos Hy is nie. Vreemdste ding is dat mense steeds godsdiens wil he, maar nie geloof nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: