SELEBI EN DIE TRONK/HOSPITAAL/PAROOL

Die dag toe die voormalige hoof van die Suid Afrikaanse Polisiediens aan bedrog skuldig bevind is en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is, was vir my persoonlik ‘n goeie dag. nie noodwendig omdat oor Selebi nie, maar omdat dit my vertroue in ons regstelsel ‘n hupstoot gegee het.

Vandag (Woensdag 28 Desember 2011) het die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) ‘n nuuskonferensie gehou. Selebi is baie siek. So siek dat orgaanoorplanting nie meer ‘n opsie is nie. Lees voort “SELEBI EN DIE TRONK/HOSPITAAL/PAROOL”

WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS

Verlede jaar het ‘n sekere Willem ‘n brief in die dagblad BEELD geskryf onder die opskrif “Ds. Kannieamenkrynie en Kie”. Hy vra toe in die brief vir “die huidige ‘n insig dat die maagdelike geboorte, asook die ander stories oor die geboorte van Jesus, bloot mites is en as sulks erken en gepredik moet word.”

Kersdiens 2011 was toe nie Willem-loos nie. Hy het weer ‘n brief geskryf om te sê dat hy wel ‘n kersdiens bygewoon het. Maar gelukkig was dit hierdie keer ‘n kersdiens na sy sin. Die dominee het alles gesê wat hy wou gehoor het.Hy skryf onder andere:

“Die prediking was uit die Thomas-evangelie en nie uit een van die tradisioneel Kersfeesvoorlesings uit die Bybel nie.

(Sou enige predikant in die tradisioneel Afrikaanse kerke dit waag om uit die Thomas-evangelie te preek?)

Die prediker het na twee dele uit die Bybel verwys.

Die eerste was die geboorteverhale in die Bybel – met die verskil dat dit deur die prediker as mites uitgewys is wat sou aanpas by die paganistiese mites wat eie was aan die Midde-Ooste en die lande om die Middellandse See in die tyd wat Jesus (sou) geleef het.

Die tweede was ’n verwysing na Adam en Eva – met ’n verklaring dat dit gegrond is op Babiloniese mites wat deur die Jode tydens die ballingskap na Babilonië oorgeneem is.

En niemand het na hul asem gesnak nie en niemand het uitgestorm en gedreig om die prediker van kettery by die sinode te verkla nie.”

Ek is so bly Willem het ‘n dominee gekry wat preek wat hy graag wil hoor. Ek is so bly Willem se dominee maak dit vir hom maklik om ‘n godsdiens sonder geloof te lewe. Volgens die Bybel is geloof om die onsienlike te sien. Lees voort “WILLEM WAS TOE BY VANJAAR SE KERSDIENS”

Blog at WordPress.com.

Up ↑