DIE VERNIET VAKANSIEDAG

Vandag is ‘n bonus vakansiedag. COSATU het op Pres. Kgalema Motlanthle se nommer gedruk en hy het besluit Suid-Afrika moet nog een vakansiedag kry oor Kersdag op ‘n Sondag geval het.

Nou slaap my huis nog. Hier en daar roer iemand, maar eintlik “vakansiedag” hulle. Gister het die deel van die familie wat nie Sondag hier kon wees nie gehad en ons het van mekaar se oorskiet van Kersdag geeet. Hulle het heerlik geëet aan ons vark- en skaapboud en ons het net so lekker gesmul aan die skaap wat hulle oor die spit gebraai het. Gisteraand het die twee ouma’s en oupa saam met die twee kinders wat hier is na hulle onderskeie Revue’s gekyk. Dit bly darem vir ouma’s en oupa’s lekker om te sien wat hulle kinders aanvang. In hulle tyd op skool was dit ondenkbaar dat ‘n skool iets soos ‘n musiekblyspel met vandag se standaarde sou kon produseer.

Ek sal ook vandag rustig wees. Hierdie is tradisioneel die week waar ek die jaar vorentoe in oënskou neem. Ek is nog een van daardie ouens wat vir myself ‘n paar doelwitte stel vir die jaar en dan dwarsdeur die jaar my doelwitte monitor en daaraan werk. Ek is ook van daardie dominees wat tog glo dat die Here met my kommunikeer sodat ek sy wil kan ken. Vroeër in Desember, deur veral twee boeke wat ek gelees het, my stiltetyd, sekere dinge wat met my gebeur het en my stiltetyd, het die gedagte by my vasgesteek dat ek nie te veel doelwitte moet stel nie, maar dat my belangrikste doelwit vir 2012 moet wees om vir die Here geleentheid te skep om my karakter te vorm. Daar is ‘n paar dinge wat skaafwerk en aanpassing nodig het. Hierdie week sal ek heelwat tyd gee om te dink hoe ek vir die Here daardie geleentheid gaan skep.

Maar, ek het ook ‘n doelwit om in 2012 weer my “blog” in volle werking te kry. Ek het ook ‘n plannetjie of twee daarmee, maar onder andere beplan ek om ten minste 3-5 keer per week te “blog”.

Dankie vir bonus vakansiedag COSATU en Adjunk-president Motlanthle, maar ek gaan nou moet wag om te sien of die gras droog genoeg word sodat ek kan gras sny, want Piet het nie verlede Donderdag gekom nie en sal ook nie hierdie Donderdag kom nie, want hy is iewers in Limopo by sy eie familie besig om Kerstyd saam sy mense te vier.

Geseënde Kerstyd Vavi, Kgalema en Piet.

4 thoughts on “DIE VERNIET VAKANSIEDAG

Add yours

  1. Goeie doelwitte! Die 3-5 keer blog kan ook werk vir my, maar ek sal dit maar per maand vat en nie per week nie! Ek is bly ek het jou blog ontdek, sal definitief meer hier kom inloer! Hoop julle het ‘n wonderlike 2012.

  2. Oor die bloggery sukkel ek nog om balans te kry. Elke dag is vir my verskriklik lekker, maar dan begin dit my oorneem, my gedagtes, my alles! Op ‘n stadium het ek my gedwing om elke 3e dag te skryf. Dit werk nogals, en as die jaar weer sy loop neem, gaan ek weer probeer om dit so te doen. Gelukkig het ek nou ‘n blogmaat en dit haal nogals baie druk van my af. Sy help om die blog lewendig te hou.
    Sterkte met jou baie groot uitdaging vir hierdie jaar.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: