DIE VERNIET VAKANSIEDAG

Vandag is ‘n bonus vakansiedag. COSATU het op Pres. Kgalema Motlanthle se nommer gedruk en hy het besluit Suid-Afrika moet nog een vakansiedag kry oor Kersdag op ‘n Sondag geval het.

Nou slaap my huis nog. Hier en daar roer iemand, maar eintlik “vakansiedag” hulle. Gister het die deel van die familie wat nie Sondag hier kon wees nie gehad en ons het van mekaar se oorskiet van Kersdag geeet. Hulle het heerlik geëet aan ons vark- en skaapboud en ons het net so lekker gesmul aan die skaap wat hulle oor die spit gebraai het. Gisteraand het die twee ouma’s en oupa saam met die twee kinders wat hier is na hulle onderskeie Revue’s gekyk. Dit bly darem vir ouma’s en oupa’s lekker om te sien wat hulle kinders aanvang. In hulle tyd op skool was dit ondenkbaar dat ‘n skool iets soos ‘n musiekblyspel met vandag se standaarde sou kon produseer.

Ek sal ook vandag rustig wees. Hierdie is tradisioneel die week waar ek die jaar vorentoe in oënskou neem. Ek is nog een van daardie ouens wat vir myself ‘n paar doelwitte stel vir die jaar en dan dwarsdeur die jaar my doelwitte monitor en daaraan werk. Ek is ook van daardie dominees wat tog glo dat die Here met my kommunikeer sodat ek sy wil kan ken. Vroeër in Desember, deur veral twee boeke wat ek gelees het, my stiltetyd, sekere dinge wat met my gebeur het en my stiltetyd, het die gedagte by my vasgesteek dat ek nie te veel doelwitte moet stel nie, maar dat my belangrikste doelwit vir 2012 moet wees om vir die Here geleentheid te skep om my karakter te vorm. Lees voort “DIE VERNIET VAKANSIEDAG”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑