GEKOMMERSIALISEERDE KERSFEES

Ek lees gister weer ‘n berig in The Times oor Kersfees. (Ongelukkig het ek nie meer die “link” nie) Die joernalis maak toe die opmerking dat die Bybel nie ‘n spesifieke datum koppel aan Jesus se geboorte nie. (My eerste gevoel was “duuhh!”) Niemand dink meer dat 25 Desember regtig die datum is waarop Jesus gebore is nie. ‘n Datum iewers in September sou beter wees. Maar dit is nie eintlik waaroor dit vanoggend gaan nie. Christene het in ‘n mate hierdie dag ge-“kaap”.

Gaan lees gerus HIER en/of HIER oor hoe 25 Desember die dag geword het waarop die geboorte van Christus herdenk word. Dit wil voorkoms asof 25 Desember in die derde eeu na Christus vir die eerste keer die dag geword het waarop die geboorte van Christus herdenk is. Die Christene het waarskynlik die dag begin vier in reaksie op die Romeine wat op die dag (die dag waarop hulle gerekenhet die seisoene draai) die Son-god aanbid het. Christene het toe begin om die geboorte van Jesus te vier en Hom te aanbid.

Ek dink nogal dit is heel kreatief. Neem ‘n sekulêre vakansiedag en omskep dit in ‘n dag van aanbidding vir Christene. Sedertdien het die doel waarvoor die Romeine die dag gebruik het lankal vervaag, maar almal onthou dat Christene op hierdie dag die geboorte van Jesus in Betlehem vier. Christene het 25 Desember gekaap en dit ‘n tyd gemaak waar vrede en voorspoed mense se seënwens vir mekaar word.

Nou kan ‘n mens nog navorsing gaan doen en kyk waar kersvader en ‘n magdom ander tradisies vandaan kom en dan redes aanvoer waarom ons nie daaraan moet deelneem nie, maar wat sou dit nou baat. Ek vind dat selfs geharde ateïste (Ongeveer 4% van die wêreld se bevolking) in hierdie tyd moeite doen om daarop te wys dat alhoewel hulle kersfees vier, doen hulle dit nie om die geboorte van Jesus te herdenk nie. Ek het geen probleem daarmee nie. Laat elkeen die dag vier vir die redes waarvoor hy dit wil vier. Maar deur te ontken, moet jy ook erken dat daar ‘n alternatief is. Een ding is egter seker, bitter min mense kan deur die kerstyd gaan sonder om ten minste een keer te dink aan die verspotte 2.9 Biljoen mense (30% van die wêreld se bevolking) in die wêreld, wat op die dag sê: God het mens geword deur as ‘n babatjie gebore te word.

Chris Moerdyk skryf ‘n artikel waarin hy sê dat hy ten gunste van die kommersialisering van kersfees is.

“The other is to look at the positive aspects to the commercialisation of Christmas. Every year billions upon billions of Rands are spent on Christmas – again, mostly for all the wrong reasons. So what?

Just think about how much employment that creates. Millions of otherwise poverty stricken and jobless people have gainful employment as a direct result of the commercialisation of Christmas and are able to support their families.

So, perhaps putting Christ back in to Christmas does not mean campaigning against  shopkeepers and greedy corporations but celebrating the massive contribution Christmas makes toward poverty relief?”

Christene het kersfees gekaap. Ek het gister in my kersboodskap onder andere die punt gemaak dat die individu vir God saak maak. Die simboliek van ‘n geskenkie met jou naam op is dat jy vir God belangrik is soos jy vir jou mense belangrik is. Die gedagte van Jesus toegedraai in doeke – die grootste kersgeskenk ooit kan deel wees van die simboliek van Kersfees. Die gedagte van Kerstyd as die tyd wat soveel families en vriende hulle verskille vir ‘n oomblik vergeet en saam fees vier – laat mens daaraan dink dat by Jesus se tweede koms sal die lam en die leeu bymekaar gaan lê.

Wanneer ek daaraan dink dat almal op aarde feitlik aan hierdie dag se feesviering deelneem, dan dink ek aan psalm 98 (My teks van gister) waarin die skrywer “almal op aarde” uitnooi om saam met hom ‘n nuwe lied te sing oor die magtige dade wat God gedoen het. Kersfees sing almal saam (wetend of onewetend) oor die magtige dade wat God gedoen het.

Ons uitdaging is om simboliek te soek te in die manier waarop ons kersfees vier en die boodskap van God se liefde daaraan te koppel.

2 thoughts on “GEKOMMERSIALISEERDE KERSFEES

Add yours

  1. Ek hou van die pos. Dit plaas alles in perspektief … ek hou van jou laaste sin en ek glo as elkeen wat hier lees net daardie boodskap saam met hulle kan vat na die volgende Kersfees, kan baie meer mense Kersfees vier vir die regte (moderner) redes.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: