Ons buurman oorkant die straat is met vakansie by die see. Die oggend voor hy weg is, het hy na my toe gekom en gevra om ‘n wakende ogie oor sy huis te hou. Hy het gesĂȘ sy dogter is daar en daar sal ook iemand anders in die huis slaap as die dogter nie daar is nie. As ek iets vreemds of ongewoon sien, moet ek hom maar net bel.
Ek het dit gisteraand oorweeg om hom te bel.
Teen ongeveer 09:00 was daar reeds omtrent 20 karre op buurman se inrit en grasperk geparkeer. Oor die volgende uur het hulle meer geword. Duidelik – Hier kom ‘n partytjie. ‘n Groot partytjie. Toe ons teen 10:30 bed se kant toe staan, kon ons hoor hoe die partytjie agter die huis in die swembad voort woeker. Lees voort “BUURMAN IS BY DIE SEE”