DIE SOSIALE MEDIA

Ek is nie groot op stokperdjies nie. Ek is gaande oor tegnologie en bly redelik op datum daarmee. Ek geniet egter die sosiale media. Ek blog van tyd tot tyd, ek is op twitter en op facebook. Ek “tweet” meestal oor wat ek lees en gebruik twitter veral om die nuus te volg. Ek volg ‘n hele paar joernaliste omdat die nuus my ook baie interesseer. Die Suid Afrikaanse politiek is vir my baie interessant en ek volg so op die sosiale media wat daar gebeur.Ek het gewoonlik gister al al die nuus wat vandag in die media verskyn gelees.

Die nuus het hierdie jaar ‘n hele paar opwindende draaie gemaak. Die opstande in die Noorde van Afrika het Twitter en Facebook laat gons.In ons eie landjie was dit veral die Algemene Sinode en die Sinode van die Wes-Kaap wat my as dominee geïntereseer het. Oor die laaste paar weke was dit die hofuitspraak oor Simelane en Selebi en dan natuurlik die mannewales adv. William Heath.   Julius Malema se dissiplinêre verhoor was ook baie interessant. So sou ek die een saak na die ander kon opnoem.

Op hierdie stadium volg ek die gebeure rondom die Waterkloof Moordenaars. Aanvanklik was ek opgewonde oor die gedagte dat die twee (Tiedt en van Schalkwyk)  onder korrektiewe toesig geplaas gaan word. Maar, die menings wat op die sosiale media uitgespreek is, het my laat dink. Toe ek eers begin lees waarom die Departement van Korrektiewe Dienste nie die twee onmiddelik vryglaat nie, het ek bietjie mooi begin dink. Proff. Hermann Wassermann se reaksie op die gebeure het my ook weer aan die dink gesit. Ek vra my tans die vraag af: Is drie jaar genoeg vir die moord op ‘n hulpelose man en die wreedaardige aanranding van ‘n ander man?

Die sosiale media het sy voordele en sy nadele, maar een voordeel van die sosiale media is dit haal mens so klein bietjie uit jou beskermde omgewing en invloed en stel jou bloot aan ander menings en ander sienings. Op Twitter het ek kontak met heelparty ateïste. Hulle verskil met my en huiwer ook nie om dit te sê nie, maar hulle verskille met my is menigmaal sonder die angel en geniepsigheid van Christene wat met my verskil.

Die sosiale media maak ook my oë oop vir hoe Christene se optrede ander mense raak. So byvoorbeeld was daar Christene wat gejuig het oor die dood van die ateïs Christopher Hitchens. Verskeie uitgesproke ateïste was baie ontsteld hieroor. Hoe sou ons reageer as ateïste bly is oor ‘n vooraanstaande Christen se dood? Op ‘n stadium het ek gedink hierdie Christen se liefdelose, gevoellose en god-lose “tweet” oor die dood van ‘n man het meer skade gedoen as wat Hitchens se lewe en boeke gedoen het.

Sien jou iewers op die sosiale media.

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s