MATRIEKVAKANSIE

Die Dagblad Beeld het n artikel oor Matrieks se vakansie in Margate. Gaan kyk en lees gerus HIER en HIER. Ek veronderstel daar gaan baie regverdiging uit verskeie oorde wees. Onder andere dat dit nie noodwendig waar is van al die matrieks wat hierdie tyd van die jaar in Margate is nie en dat hulle in elk geval of soortgelyke dinge reeds beleef het of volgende jaar, wanneer hulle nie meer direk onder die ouers se toesig is nie, soortgelyke dinge gaan ervaar.

My eie ervaring met tye wat ek self in Margate of in Plett was in die tyd van die Matriekvakansie, maak dat ek anders voel. Ek weet ook meeste kinders sê vir hulle ouers dit is nie waarvoor hulle Margate of Plett toe gaan nie, maar stel bietjie voor dat hulle na ‘n ander plek toe gaan…

Ek dink ouers behoort te weet wat op ‘n Matriekvakansie gebeur. Uit my werk met tieners kan ek van verskeie tieners getuig wie se lewens vernietig is deur ongewensde swangerskappe; dwelm-afhanklikiheid wat daar begin het; arrestasie wat ‘n misdaad rekord tot gevolg gehad het en dan natuurlik die ouers wat onder die indruk was hulle stuur hulle kinders op ‘n onskuldige vakansie.

Ek vertrou maar net dat ouers van volgende jaar se matrieks vroeg in die jaar reeds saam met hulle kinders sal begin dink oor hoe hulle Desember ‘n nuwe mylpaal in hulle kind se lewe gaan vier.

1 Kommentaar

Filed under Matriekvakansies

One response to “MATRIEKVAKANSIE

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s