MISSIONER: BRING MENSE BY JESUS

Ek hoor Saterdag  John Burke van Gateway Church maak hierdie opmerking op ‘n video snit : “If your unchurched friends are not coming to faith and becoming the church, you are not missional. Period.” Ek maak toe die opmerking dat ek nie meer met die opmerking kan saamstem nie. Iemand maak toe die opmerking dat ek hy nie meer met die opmerking kan “disagree” nie. Die persoon het my toe aan die dinge gesit.

John Burke was by die geleentheid spreker by die 2010 VERGE-NETWORK konferensie. Ek volg graag VERGE NETWORK vir twee redes. Die een is die klem wat die groep op disselskap plaas, en dan natuurlik hulle benadering tot die missionale karakter van die kerk. VERGE-NETWORK plaas dan ook baie klem op Missionêre Geloofsgemeenskappe as die manier waarop die kerk in ons post-moderne wêreld behoort te funksioneer.

John Burke verwoord my kommer. Ons kerke is besig met geweldig baie missionêre aksies. Die NG Kerk is naas die staat die organisasie wat die meeste geld spandeer aan mense in nood in Suid Afrika. Ek weet van geen gemeente wat nie self fisies ‘n missionere projek in hulle onmiddelike omgewing en gemeenskap het nie. Maar… week na week, maand na maand, jaar na jaar is dit dieselfde gesigte wat voor ons sit. Die gesigte in die banke is die kerk.  Helaas nie volmaak nie en nie alles wat hulle veronderstel is om te wees nie, maar dit is die kerk. Ons huiwerigheid om mense deel van die kerk te maak help hierdie proses aan.

Iemand het by geleentheid gesê dat ons in die vorige era “a missionles chruch” gehad het, maar nou het ons “a churchless mission.”

Saam met John Burke en ‘n paar ander manne soos, Mike Breen, Reggie McNeal, Allan Hirsch, Frank Viola; Eddie Gibbs, ens. is ek daarvan oortuig  dat as die gesigte in die kerk  jaar na jaar dieselfde bly, en ons net staat maak op kinders van bestaande lidmate, kan ons maar die deure toemaak. Gesonde verstand moet dit vir ‘n mens duidelik maak. Maar, as ons deur ons missionêre aksies mense kan begelei om volgelinge van Jesus te word, sal die kerk, God se voorkeur missionêre voertuig, bly voortbestaan.

Missionêre geloofsgemeenskappe speel ‘n al hoe groter rol in die kerk in die VSA, Engeland en Europa. ‘n Missionêre geloofsgemeenskap bestaan uit enige iets tussen 20-50 mense. Hierdie groep mense word saamgebind deur ‘n spesifieke nood in ‘n spesifieke gemeenskap. Die geloofsgemeenskap sien  daardie spesifieke nood in daardie gemeenskap as die manier waarop hulle eers die liefde van God uitleef en dan daarmee saam ook die liefde van God verkondig. Kerk is vir hulle daardie missionêre geloofsgemeenskap.

Die werkswyse is om die mense wat op hierdie manier gehelp word deel te maak van die bediening van die betrokke geloofsgemeenskap. Neem nou maar ‘n sopkombuis in die middestad. ‘n Missionêre geloofsgemeenskap begin ‘n sopkombuis om die mense wat in die nag op straat slaap elke dag iets te gee om te eet. Die helpers bou ‘n opregte omgee verhouding met die wat gehelp word. Met die verloop van tyd word die wat kos kry genooi om te help om kos op te skep of voor te berei of iets anders daar te kom doen. Mike Breen stel dit so: “We go as community inviting people into community.” So word die persoon wat gehelp is  ‘n helper en deel van die missionêre geloofsgemeenskap. Uit die aard van die saak bestaan hierdie geloofsgemeenskap op hierdie stadium uit mense op verskillende stadium van hulle geloofsreis.

In sy betrokkenheid by die sopkombuis raak die persoon bewus van die mense en hulle geloofsoortuigings en daaruit vloei gesprekke waar die evangelie van die opgestane Here Jesus op so ‘n manier aan die persoon oorgedra word dat hy nie net deel is van die missionêre geloofsgemeenskappe maar nou ook groei as volgeling van Jesus Christus.

Hierdie missionêre geloofsgemeenskap fokus op die totale mens. Nie net fisies nie, maar ook emosioneel en geestelik.  So ‘n geloofsgemeenskap aanvaar egter ook self verantwoordelikheid vir die toekoms.  ‘n Persoon sal ook nie hulp geweier word as hy dan nou nie op een of ander stadium die geloofsoortuigings van die res van die groep deel nie. Evangelisasie is ‘n wesenlike deel van die kerk se missionêre aktiwiteit, maar missionêr strek  baie verder en breër as evangelisasie.

Wanneer iemand as volgelinge van Jesus of as nuwe gelowige  tot geloof kom, word so ‘n persoon opgeneem in ‘n “huddle” van 4-6 persone. In hierdie kleiner groep vind dan dissipelskap deur lewensoordrag plaas. Die bedoeling van die kleiner groepie is dat daar uit daardie 4-6 mense ten minste een persoon na vore sal kom wat in die toekoms  ‘n nuwe geloofsgemeenskap met ‘n nuwe missionê fokus in een of ander gemeenskap sal begin.

Wanneer iemand uit die bestaande geloofsgemeenskap  ‘n nuwe geloofsgemeeenskap vestig, begin die hele proses van voor af. Die leier van so ‘n geloofsgemeenskap is ‘n vrywilliger wat gewoonlik ‘n ander voltydse werk het, maar ‘n span lei wat verantwoordelikheid vir die funksionering geloofsgemeenskap aanvaar.  Die leiers van sulke geloofsgemeenskappe vorm saam met ander leiers van ander geloofsgemeenskappe ‘n netwerk waar hulle bymekaar leer en mekaar ook “accountable” hou.

As ek Jesus se werkswyse moes opsom, dan lyk dit vir my Hy het dissipels gemaak wat dissipels gemaak het wat dissipels gemaak het. Jesus se eerste woorde in die evangelie volgens Markus moet die hele tyd in ons gedagte weerklink:  “Die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” (Markus 1:15)

Jesus het sy posisie aan die regterhand van die Vader prysgegee om mens te word. Hier het hy volgelinge gekry wat later sy vriende geword het. Sy vriende het later die kerk gevorm wat vriende gemaak het en deur hulle vriendskap het hulle ook hulle nuwe vriende Jesus se vriende gemaak  en hulle weer uitgestuur om vriende te gaan maak van wie hulle vriende van Jesus sou maak. Jesus het dit in ‘n redelik eenvoudige opdrag saamgevat: Gaan maak dissipels.

“If your unchurched friends are not coming to faith and becoming the church, you are not missional. Period.” (John Burke)

4 Kommentaar

Filed under Missionaal

4 responses to “MISSIONER: BRING MENSE BY JESUS

  1. Werner olivier

    Ek wi net n paar opmerkings maak rondom John Burke se kommer oor die huidige kerk se voortbestaan.In die vorige bedeling was daar nooit enige kommer gewees dat Gemeentes sou doodloop nie.Inteendeel hulle het uit hulle nate gebars en nuwe Gemeentes is gevorm.Daar was geen bekommernis van waar die lidmate sou kom nie.Die bestuurstrukture was in plek gewees en baie goed beheer gewees.Soos die nuwe bedeling oor die horison aagerol gekom het is daar om die een of ander rede geleidelik met die bestaande bestuurstrukture weggedoen.n Mens moet onthou dat die Kerk op aarde deur mense (Leiers) bestuur word.Die gesigte wat elke sondag in die Kerk sit is die Kerk.Die vraag wat ek vra is?Ken die leierskap daardie gesigte wat in die Kerk sit.Miskien sommige,maar ek dink nie almal nie.Kry daardie gesigte die nodige erkenning wat hulle moet kry.Tot ons Meester het erkenning gegee.Mooi so goeie en getroue dienskneg,oor weinig was jy getrou,oor veel sal ek jou aanstel.

    As die Kerk die Missionere pad moet loop,dan is dit goed so.

    Groete:Werner Olivier.

  2. Herman

    Werner, As die voortbestaan van die kerk darem afhanklik is van of die een wat voor staan die honderde mense wat voor hom/haar sit ken, dan moet die gevaarligte ernstig flikker. Was die probleem nie juis dat die wat daarbgesit het gewag het dat die een wat daar voor staan alles doen nie. Daarom maak gemeentes nou vinniger toe as wat hulle daardie tyd opgespring het.

  3. Werner olivier

    Herman,ek dink jy verstaan my verkeerd.Ek verwag nie van die leierskap om alles te doen nie.Inteendeel daar is baie hardwerkende mense in die Kerk,bv die dames wat tee skink,persone wat kollektes opneem,persone wat lidmate by deure welkom heet ens.Ek dink nie hulle kry altyd die nodige erkenning nie.Ek het oor jare met baie leiers in die Kerk te doen gekry en ja dit is moontlik vir n leier om die honderde mense elkeen by die naam te ken en weet wie hulle is.Ek is n pragmatis en kyk maar altyd hoe kan ek die akedemie/teorie terug trek na die praktiese.Ken mense en stel belang in mense en ons kerke sal vol bly.Hiermee sluit ek my kommentaar af oor leieskap.Geseende kersfees vir jou en jou familie.
    Groete:Werner Olivier.

  4. Herman

    Werner…
    Jammer jy stap nou weg van die gesprek wat jy begin het.

    Ek probeer ook al baie lank om my ou beskeie deeltjie in ons gemeente te doen. Dis maar my manier om vir die Here dankie te sê vir wat Hy vir my gedoen het. Vir my is dit nou weer nie belangrik of ek erkenning kry of nie.

    Ek doen nou weer moeite om mense te leer ken en met hom/haar vriendelik te wees, nie sodat hy volgende Sondag weer kerk toe moet kom nie, maar omdat die Here se groot liefde my dring om ook lief te hê.

    My eerste dominee in my eerste gemeente na Universiteit het my hartlik verwelkom toe ek myself aan hom bekend gaan stel het. Hy het iets gesê in die lyn van: “Broertjie, ek weet nie of ek jou naam gaan onthou nie. Maar die Here sal jou naam onthou. Ek weet nie of ek altyd gaan raaksien wat jy doen of nie doen nie. Maar die Here sal raaksien.” Dit is eintlik al wat vir my belangrik is… dat die Here raaksien. Maar aan die ander kant is ek is so oorweldig deur die grootheid van God se genade dat dit nie eers vir my belangrik is dat Hy of enige iemand dit raaksien nie.

    Geseënde Kersfees vir jou ook…
    … en vir die dominee(s)/leiers wat nie genoeg erkenning gee nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s