Ek dink die laaste paar weke dikwels oor leierskap.
Ek hoop dit is algemene kennis dat iemand wat in die alledaagse lewe ‘n leier is nie noodwendig ‘n goeie leier in ‘n gemeente ook sal wees nie. Ek dink die teendeel is dikwels (nie in alle gevalle nie) waar.
‘n Leier in n gemeente moet tot n sekere mate ‘n aangename persoon wees. Mense moet met hom oor die weg kan kom en hy/sy moet dit vir hulle maklik maak om met hom/haar oor die weg te kom. John Maxwell reken “Leadership is influence. Nothing more. Nothing less.” ‘n Aangename persoonlikheid en die feit dat mense van jou hou gee natuurlik vir jou n basis omm van te werk om mense te beïnvloed.
Iemand met ‘n aangename persoonlikheid kan mense egter ook negatief beïnvloed. Leiers kan ook sulke aangename mense wees dat mense alte lekker in hulle gemkasones ontspan. Hoe meer tuis jy my in my gemaksone laat voel, hoe meer hou ek van jou. Ek vertrou op jou as my geestelike leier om seker te maak dat ek nie nodig het om my grense te skuif nie. Solank dit gebeur het jy my ondersteuning.
Steve Jobs was nogal van mening dat ‘n mens iets moet ontwikkel wat mense nie weet dat hulle nodig het nie. Lees voort “EK WIL NET GOD SE SPOOR SNY”