Wat beteken dit om ‘n Christen te wees?

Eerstens moet ek sê: Kyk mooi na die vraag. Die vraag is nie wie is ‘n Christen en wie is nie ‘n Christen nie. Wie Christene is en wie nie Christene is nie, is heeltemal n ander debat. Dit is nie waaroor ek ‘ n paar gedagtes wil neerskryf nie. In elk geval dink ek ons dink te veel kere dat om  “in te stemtot sekere geloofswaarhede” die finale aanduiding is van wie ‘n Christen is en wie nie.

Wat beteken dit om ‘n Christen te wees is bietjie meer prakties?

Om ‘n Christen te wees beteken dissipelskap. ‘n Lewenslange stap agter Jesus aan. As volgeling van Jesus is so n persoon TOEGEWY AAN …

  • die koninkryk van God  soos Jesus die koninkryk gesien het. Die implikasie hiervan is ‘n toeywding aan die Woord omdat dit in die Woord is waar ons ontdek hoe die koninkryk van God volgens Jesus moet wees.
  • ‘n lewe waarin ek God meer liefhet as enige iets anders en my naaste soos myself. Ons kom redelik goed reg (volgens ons eie mening moet ek sê) om God lief te hê. Met ons naaste soos onsself… daarmee sukkel ons ‘n bietjie.
  • ‘n gemeenskap gekenmerk en gevorm deur geregtigheid, in besonder vir die mense wat so malik na die rant van die samelewing gedwing word –  gemarginaliseerdes. Geregtigheid is anders as regverdigheid. Regverdig is om iemand reg en billik te behandel. Geregtigheid is om iemand wat nie reg en billik behnadel word nie se saak my eie te maak. In ‘n gemeenskap waar geregtigheid ‘n hoë prioriteit is, gebeur dinge op ‘n regverdige wyse.
  • vrede… ek kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir wat ander mense doen of nie doen met betrekking tot vrede nie. Ek kan slegs verantwoordelikheid aanvaar vir my bydrae tot vrede. Soms is daar geen ander manier om vrede te kry as om eers vrede prys te gee nie.
  • ‘n lewe toegewy aan deurlopende vorming binne die kerk. Ek verstaan dat die kerk die liggaam van Christus is waar ons mekaar in liefde moet opbou. Die kerk is die nuwe Israel wat die roeping van Israel, waarmee Israel jammerlik misluk het, verder moet neem. Die roeping is om ‘n seën vir al die nasies te wees.

Die probleem is egter dat die tydsgees God se bedoeling met die kerk bedreig en ook ons Christen wees in die wiele ry. Met die tydsgees bedoel ek dan spesifiek die volgende:

  • Individualisme – ek is die middelpunt van die heelal.
  • Verbuikersmentaliteit – ek is wat ek besit.
  • Nasionalisme – my volk is God se volk.
  • Morele relativisme – dit is onmoontlik om te weet wat werklik goed is. Derhalwe kan elkeen maar vir homself besluit.
  •  Verabsolutering van die wetenskap – al wat saak maak is dit wat ons kan bewys dat dit bestaan.
  • New Age – ek is self ‘n god.
  • Post-moderne kliekvorming – al wat saak maak is dit wat my klein groepie geesgenote dink.
  • Verlossingsterapie – ek kan my volle menslike potensiaal ontsluit deur selfontginning.

Ongelukkig sluip die tydsgees so maklik by die agterdeur van ons bewussyn in, dat ons dikwels nie glo dat ons self in die strik getrap het nie. Die gevolg is dat ons ons reg om in terme van die tydsgees te funksioneer verdedig sonder dat ons dit besef.

Nie so maklik om ‘n Christen te wees nie.

3 thoughts on “Wat beteken dit om ‘n Christen te wees?

Add yours

  1. Ek wil net twee praktiese voorbeelde noem tov bogenoemde skrywe.Ons is so pas terug van n vakansie by n oord in die die Limpopo Provinsie.n Mens se verhouding tot jou Meester en verhouding tot jou medemens is natuurlik die twee belangrikste aspekte van Christenskap.Die verhouding tot jou medemens is gewoonlik waar die probleem ontstaan.Die feit dat mense verskil tov persoonlikheid,belangstellings smaak ens speel n groot rol.Ons was die berokke dag by n Supermark op n klein dorpie gewees en ek het nie einlik geweet waar ek wil parkeer nie.Ek besluit toe om aan die kant te parkeer, en met die parkering sien ek n swartman van ons omgewing wat besig is om te smous met vrugte en groente.Was ons bly om mekaar te sien.Ek gee hom toe later iets vir die kersfees, en was hy bly gewees.Die mense om hom was net so bly gewees.Dit is die een deel.

    Die ander deel is mense wat jy glad nie ken nie.Jy kry die mens wat alles om hom waarneem en jy kry die spreekwoordelike persoon wat met oogklappe rondloop wat niks raaksien nie,altans soos ek dit waarneem.
    Ek het gevind dat enige normale mens ontvanklik is deur iets eenvoudig te se nl goeie more,van waar is julle,hoe lank bly julle,n glimlag hier en daar.
    As elke mens hierdie kan regkry sal ons n” World in” Union kan skep.
    Attie ek geniet jou skrywes.

    Groete: Werner Olivier.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: