Ek is elke tweede Dinsdag by ‘n groep jongmense – almal profesionele mense onder 35. Met die uitsondering van een paartjie het almal reeds kinders. Ons gesprekke is altyd baie interessant omdat hulle nie huiwer om hulle vrae te vra nie. Gisteraand was Jona ons tema.
Uit die aard van die saak moes die kwessie oor vis aan die orde kom. Was daar regtig ‘n vis? Nadat hulle n rukkie gesels het, het ek verduidelik dat die kenners se menings uiteen loop. Daar is die wat sê die hele verhaal is waar en dat God wat alles geskep het en Jesus uit die dood laat opwek het ook eenmalig ‘n vis kon skep om Jona in te sluk en hom na drie dae weer op die strand uit te spoeg. Ander is weer van mening dat die verhaal is maar Jona gebruik die vis as ‘n metafoor om te verduidelik wat hy deurgegaan het vandat hy oorboord gegooi is totdat hy uiteindelik op die strand uitgespoel het.
‘n Verdeer mening is dat die verhaal van Jona ‘n mitologiese verhaal is wat ook in ander godsdienste opduik en in die Bybel beland het deur iemand wat die mitologiese verhaal geneem het en dit oorvertel het om in die konteks van Israel se godsdiens te pas. Lees voort “Die boodskap van Jona”