Missionale Kleingroepe

Missionale kerkwees is die woord wat al hoe meer die mode-woord word om te gebruik. Goeie mode-woord. Missionale kerkwees is belangrik.

Ek het gisteraand beleef dat die Here besig is om mense te verander om meer missionaal te wees. Ons kry bietjie terugvoer by ons kleingroepe oor hoe hulle die Romeine 12 veldtog beleef het. Alles is nie positief nie, maar deel van die terugvoer is juis om te hoor waaraan ons moet werk.

Gisteraand se groep het my opgewonde gemaak. Vir die wat dalk nie die agtergrond van ons gemeente ken of nie deel was van die gebeure van die laaste ses weke nie, bietjie meer inligting.

Ons het Romeine 12 oor ses weke indringend bespreek onder die tema: Ware Spiritualiteit. As deel van die veldtog het ons Saterdae geleenthede geskep waar die gemeente by een of ander vorm van noodverligting betrokke kon raak. Daar was regtig mooi dinge wat gebeur het en wat gedoen is. Wat in mense se harte gebeur het, bly egter vir my die mooiste.

Wat hierdie groep besonders maak, is die jongste persoon is in die vroeë twintigs en die oudste persoon waarskynlik oor sestig. Maar die verskillende generasies sê dit was goed om gehoor te word en te hoor hoe die ander generasies dink. Almal aanbid nie op dieselfde plek nie en een is selfs Engels. Met ander woorde ‘n redelik diverse groep.

So praat die groep toe gisteraand oor hoe hulle meer by mense in nood betrokke kan raak. Op hulle eie kom hulle hierby uit. Hulle het beleef dat hulle ‘n verskil kan maak en nou wil hulle daardie verskil wees. Aanvanklik het hulle gedink ons as leiers moet nou weer die geleenthede skep en die planne maak sodat hulle missionêr kan wees. My droommis egter anders. Missionaal gefokusde lidmate maak ‘n missionaal gefokusde kerk.

Drie  moontlikhede kom toe uit die gesprek na vore. Eerstens die dame wat die kaartjies verkoop. In die omgewing is daar ‘n dame wat baie kunstige kaartjies maak en dit dan van huis tot huis verkoop om haar gesin te onderhou. Een van die persone koop elke keer al die kaartjies omdat hy haar graag wil help.

Die ander paartjie vertel hoe hulle in die laaste tyd al hoe meer moeite doen om een van hulle bure te groet en vriendelik te wees. Die vrou het verlede week skielik gekom en raad gevra oor ‘n probleem in haar lewe.

Die derde persoon vertel van ‘n man wat iewers in ons omgewing in sy kar bly. Hy maak van tyd tot tyd van die man gebruik om van sy tuinvullis met sy kar en sleepwa weg te ry en dan betaal hy hom daarvoor. Met die verloop van tyd het hulle nou al die verhouding ontwikkel waar hy dikwels met hom gesels wanneer hy hom iewers raakloop.

Al drie die gevalle is een treetjie weg van deel word van ‘n geloofsgemeenskap. ‘n Geloofsgemeenskap wat hulle gaan omarm en verwelkom en vir hulle gaan help om swaarkry in hulle lewe te oorwin.

Ons het die groep gisteraand gelaat met die vraag: Hoe gaan julle vir die drie  mense lief wees sodat hulle dalk deel kan word van julle geloofsgemeenskap?

Ek gaan so bietjie op die kantlyn staan en kyk wat hier gebeur. Een ding weet ek egter, en dit is dat mense meer en meer missionêr dink. As ek kyk na hoe hierdie groep tydens die veldtog by die aksies betrokke was, dan weet ek: Hier gaan iets gebeur.

Lewer kommentaar

Filed under Missionaal

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s