KAN BYBELLEES MENS VERANDER?

Ek lees in hierdie week ’n artikel in Christianity Today oor navorsing wat deur LifeWay Research gedoen is met betrekking tot die invloed wat Bybellees op mense het.  Alhoewel hierdie navorsing in die VSA gedoen is, kan dit tog ook ’n aanduiding wees van wat ons kan verwag.

89% van die gesinne in die VSA het Bybels en die gemiddelde gesin het 4.1 Bybels in die huis. In hierdie navorsing het hulle egter spesifiek gevra na die verskil in mense se leefstyl wanneer iemand die Bybel op sy eie lees. Byvoorbeeld het die navorsing getoon dat gereelde Bybellesers se weerstand teen aborsie en homoseksuele huwelike en verbintenisse toegeneem het.

Die navorsing het egter ook bevind dat mense wat gereeld die Bybel op hulle eie lees meer en meer daarvan oortuig is dat die wetenskap kan bydra om die heerlikheid van God te openbaar en dat wetenskap en die Bybel tog op ’n manier versoenbaar is. (Ek sou nogal die teenoorgestelde verwag het.) Daarmee saam gaan egter die verkrummeling van die hoop dat die wetenskap daarin gaan slaag om die mensdom se probleme op te los.

In 2007 het die Baylor Religion Survey gevra na die invloed van die frekwensie wat mense Bybellees met iets soos die ondersteuning van die wet wat vra dat die Regering van die VSA  terrorisme strenger beveg. In die vraelys moes mense op ’n vyf punt skaal aandui hoe gereeld hulle die Bybel lees. Indien jy nooit die Bybel lees nie, merk jy die 0 en as jy die Bybel ’n paar keer ’n week lees, dan merk jy 5. Die interessante bevinding was dat vir elke 1 punt beweging op die skaal van Bybellees, het die weerstand teen die strenger militêre optrede teen terrorisme met 13% toegeneem. Met ander woorde, die persoon wat sy Bybel ’n paar keer ’n week lees sal 52% sterker daaroor voel dat strenger optrede teen terrorisme nie die regte optrede sou wees nie.

Ek wil nie wilde spronge maak nie, maar ek wonder wat sou gebeur indien ons dieselfde navorsing doen met betrekking tot Suid-Afrika en die rassespanning waarmee ons te make het. Dié  navorsing het ook gewys dat mense wat gereeld die Bybel lees minder saamstem met die gedagte dat misdadigers meer en erger gestraf moet word. Wat sou die resultaat wees indien ons ’n soortgelyke opname in Suid-Afrika maak waar misdaad so ’n groot probleem is? Sou ons saamstem dat strenger optrede nie help nie? Sou ons dalk eerder na die oorsake van misdaad kyk as na misdaad self? Ek is nie seker nie.

’n Ander bevinding was dat weerstand teen die doodstraf met 45% gestyg het vir elke punt op die skaal met betrekking tot Bybellees. Met ander woorde, iemand wat sy Bybel ’n paar kere ’n week lees sou 140% sterker daaroor voel dat die doodstraf nie toegepas moet word nie. Mense wat gereeld hulle Bybel lees was 35% meer geneig om standpunt in te neem met betrekking tot sosiale en ekonomiese geregtigheid.

Ek dink nie ons kan al die syfers net so oordra en van toepassing maak op Suid-Afrika nie.

Wat vir my bemoedigend is, is net die gedagte dat mense se lewens verander omdat hulle die Bybel lees. As predikante is ons dikwels baie bekommerd oor hoe mense die Bybel lees en interpreteer wanneer ons nie by hulle is nie. Ek dink ons onderskat die leiding wat ons vir hulle gee deur die manier waarop ons die Bybel in prediking hanteer. Ek dink egter ook dit beklemtoon weereens die belangrikheid van ons eie Skrifbeskouing en Skrifhantering.

Hierdie artikel het my ook laat besef dat die Gees en die Woord in tandem met mekaar en dat God ons lewens deur die Woord en die Gees kan verander.

Lewer kommentaar

Filed under Die Bybel, Die Christelike Lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s