DIE VOLLE EVANGELIE

Scot McKnight se boek: “The King Jesus Gospel: The Original Good News Revisited.” is n besondere boek.

Scot is die Karl A Olsson Professor in Religious Studies aan North Park University in Chicago in die die VSA. Scot is ’n wel erkende Nuwe-Testamentikus. Hy het Suid-Afrika reeds by twee geleenthede besoek en ek en Renate het die voorreg gehad om by die eerste geleentheid hom as ons gas te hê.

Ek het die boek regtig geniet. Ek dink sekere van sy uitsprake sal kritiek ontlok. Tog was daar ‘’n paar momente wat vir my uitstaan. Die ontstaan van veral die Apostoliese Geloofsbelydenis en die belydenis van Nicea was weer vir my interessant om te lees. Hy herinner ons ook daaraan dat die belydenisse die samevatting is van die Evangelie – die volle evangelie. Die manier waarop hy die kerkgeskiedenis gebruik om sy argumente te staaf en te verduidelik is sommer net lekker.

Scot skop in hierdie boek teen die gereduseerde evangelie waarmee sy eie geloofsgemeenskappe, die “evangelicals”, geneig is om te werk. Hy sê iewers dat hulle eintlik nie “evangelicals” is nie, maar eerder “soteriologists” (Soterologie = verlossing) Hy wys hoe die gereformeerde tradisie (Waarvan die Evangelicals deel is) in groot mate die reformasie gekaap het en die evangelie gereduseer het tot ’n boodskap van vier geestelike wette wat verlossing tot gevolg het:

God het jou lief;

Jy is ’n sondaar;

Bely jou sonde neem Jesus aan as jou Verlosser;

Nou het jy die Ewige Lewe.

Scot meen dat ons nie hierdie waarhede sonder meer verkettermoet  en nie meer verkondig nie. Hierdie waarhede is wel deel van die evangelie, maar is nie dié evangelie nie. Scot laat ook nie die eensydige boodskap van genade alleen soos dit deur John Piper verkondig word, vryspring nie.

In plaas van die vier wette, verwys Scot eerder na vier gebeure. Vier gebeure wat dan spesifiek in 2 Korintiërs 15:3-8 genoem word. Volgens Scot is die woorde in 2 Korintiers 15:1-8 waarskynlik van die eerste indien nie die eerste Nuwe-Testamentiese woorde wat geskryf is. Paulus begin: “Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat aan julle verkondig is.” (2 Korintiërs 15:1) Hierdie evangelie is volgens Paulus vier gebeure:

Christus het vir ons sondes gesterf;

Christus is begrawe;

Christus is opgewek;

Christus het verskyn.

Behalwe hierdie vier gebeure is daar ook die konteks waarbinne die Jesus gebeure afspeel. Hier steun Scot veral swaar op NT Wright. Jesus is die Messias, en dus die voltooiing of die vervulling van die Israel verhaal. In 2 Korintiërs 15:3-8 verwys Paulus hy twee keer na “volgens die Skrifte.” om die gedagte van die vervulling van die Israel verhaal te beklemtoon. Jesus is die Messias wat in die tuin belowe is en uit die nageslag van Dawid gebore sou word.

In sy voorwoord tot die boek is Dallas Willard van mening dat hierdie redusering van die evangelie een van die belangrikste oorsake van die dilemma van die kerk is. ’n Dilemma waarmee die NG Kerk ook worstel as ons daaraan dink dat ons vir die eerste keer in die geskiedenis meer lidmate bo 60 as onder 18 het.

Wanneer ons die evangelie reduseer tot ’n evangelie van verlossing en geloofsekerheid, ’n vrypas hemel toe, dan het ons so bitter min om te sê. In die evangelie wat die eerste gelowiges in die vroeë  kerk geglo en verkondig het, is die evangelie van verlossing opgesluit, maar die boodskap van verlossing is nie die hele evangelie nie. Die verkondiging van dié evangelie het die kerk binne 40 jaar laat groei tot meer as 1 miljoen volgelinge van Jesus Christus, die opgestane en verheerlikte Seun van God.

Die dilemma is dissipelskap. Die Engelse sê dit so lekker: “Decisions but no Disciples.” Want ons verkondig ‘n evanglie wat net ‘n keuse vereis. Oor die manier waarop ons dissipelskap verstaan, sal ek by ander geleentheid iets sê.

Lewer kommentaar

Filed under Boeke, Die Christelike Lewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s