MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE

Ek praat later vanoggend met ‘n groep dominees oor MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE.

Toe ek aanvanklik oor die onderwerp begin dink het, het my gedagtes vasgesteek by ALTERNATIEWE GELOOFSGEMEENSKAPPE. Die gedagte was dat die tradiosionele geloofsgemeenskap wat ons as dominees bedien en wat die meeste van ons lidmate ken, nie die oorgang sal kan maak om werklik missionaal te wees nie, en daarom het ons nodig om aandag te gee aan alternatiewe geloofsgemeenskappe wat die missionêre roeping van die kerk verder sou neem terwyl ‘n sekere deel van ons energie gegee word vir die “instandihouding” van die bestaande deur hulle te bedien soos hulle bedien wil word en nog altyd bedien is.

Ek het toe met ‘n paar alternatiewe geloofsgemeenskappe kontak gehad. Geloofsgemeenskappe wat gebore is uit iets wat vir my lyk na ‘n ontnugterings-ervaring. Mense is ontnugter met die manier waarop veral die georganiseerde of institusionele kerk God se bedoeling met die kerk en met die wereld verkeerd verstaan het en die negatiewe gevolge daarvan. Hierdie ontnugterings-ervaring het by sommige van die mense ‘n besonder negatiewe, kritiese en soms veroordelende houding teenoor die georganiseerde of institusionele kerk en die mense daarby betrokke tot gevolg gehad.

Laat my net eers toe om te sê: Die NG Kerk as institusionele en/of georganiseerde kerk het GROOT foute in die verlede gemaak. Die NG Kerk het nog ‘n moeilike pad vorentoe voordat ons werklik aan onsself as ‘n missionale kerk in die breë te praat. Ek is nie eens seker of ons ooit op daardie punt gaan kom nie. Die NG Kerk het ook reeds op verskeie plekke en by verskeie geleenthede sy skuld hieroor bely. (Op die onlangse Algemene Sinode was daar weereens so n geleentheid.)

Maar, God is ook lief vir byvoorbeeld die oom in my Bybelstudiegroep wat meer as tagtig jaar lank in die NG Kerk was en ‘n aktiewe rol gespeel het. Hy was deel van en selfs mede-verantwoordelik vir al hierdie negatiewe dinge wat gebeur het, maar hy was ook deel van baie positiewe dinge wat die kerk gedoen het.  Ten spyte van al hierdie dinge, het God nie NG lidmate minder lief as wat hy verdruktes, armes, dakloses, werkloses, bedloses of dan die onugterdes het nie.  Ek dink ek sou die liefdesgebod erg skaad indien ek dink dat die Here sou verstaan as ek iemand wat deel was van al hierdie negatiewe dinge nie lief hoef te hê nie.

Ek glo ek deel God se liefde vir alle mense wanneer ek openlik verklaar dat ek lief is vir die lidmate in my gemeente selfs al was hulle deel van al die negatiewe dinge en sukkel hulle om by te bly en aan te pas by kerk wees soos ons op hierdie stadium in die geskiedenis verstaan dat kerk behoort te wees.

Ek glo ook ek deel in God se liefde vir alle mense en verwoord ook my vertroue  in God se vermoë om deur die werking van sy Gees mense te verander wanneer ek dink dat Hy MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE tot stand kan bring vanuit, onder andere, NG Waverley. NIE ALTERNATIEWE GELOOFSGEMEENSKAPPE wat negatief, vyandig, los, onafhanklik en vry van enige organisasie, dissipline of  verantwoording  is nie.

Hierdie Missionêre Geloofsgemeenskappe sal egter nie deur een of ander program tot stand kan kom nie. Alhoewel ek daarvan oortuig is dat ons erg intensioneel sal moet wees om sulke missionêre geloofsgemeenskappe tot stand te bring, gaan een of ander program dit nie regkry nie.

Ons sal mense intensioneel moet blootstel aan die besondere ervaring van missionêre kerk wees deur geleenthede te organiseer waar hulle mense in nood te help. Ons sal intensioneel moet wees in ons prediking om die boodskap van God se groot “JA!” vir die wêreld te verkondig. Ons sal intensioneel moet wees in ons kategese, kleingroepe, Bybelstudies, om dissipelskap deel te maak van die DNA van ons gemeentes. Ons sal intesnioneel moet wees in ons dissipelskap sodat ons dissipels sal maak wat dissipels maak.

Ons moet werk na Missionêre Geloofsgemeenskappe waar bestaande lidmate van Christus se aardse gemeenskap begin om onder die leiding van die Heilige Gees ‘n lewe van diens aan ander mense te lewe.

Dieselfde oom in my Bybelstudiegroep het by verskeie geleenthede in die verlede sy agterdog uitgespreek oor die “nuwe rigting” waarin ons gaan. Hy het by herhaling ook vertel van die goeie tye voor 1994 en voor die kerk so verander het. Die laaste keer wat ons mekaar verlede kwartaal gesien het, het ons gepraat oor Romeine 12:21: Moenie kwaad met kwaad vergeld nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Ons het onder gese dat vergifnis een manier is om die kwaad te oorwin. Die vraag kom toe op om wie ons moet vergewe. Die oom se opmerking was: “Ons sal die moet vergewe wat ons in die verlede mislei het om ons naaste nie so lief te hê as ons self nie.”

Ek sien reeds hier en daar die tekens dat hierdie saadjies besig is om te ontkiem in die geloofsgemeenskap waar ek werksaam is. Ek sal dalk saai, iemand ander sal nat gooi en ek is vol vertroue in die wete dat God sal laat groei.

1 Kommentaar

Filed under Missionaal

One response to “MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE

  1. Hi Attie, Ek is vanoggend baie skaam. Ek het in die openbaar luid verkondig dat ek nou moeg is om verskoning te vra vir apardheid en die foute van die verlede, na aanleiding van Belhar. Ebert, my seun, het met my op kantoor kom praat en vir my gesê hy verstaan hoekom mense van my ouderdom so voel. (omdat ons deel was van die jare 80 toe die negatiewe dinge gebeur het waaroor ons nou om verkskoning vra en dat ons ook in die proses seergekry het om ons land op te bou en ons grense en mense te verdedig en in die proses vriende aaan die dood afgestaan.) . Sy enigste vraag aan my was: Wat as Jesus ook moeg word om elke dag vir God om verskoning te vra vir al pa se foute? Die vraag het my tot stilstand geruk. Dit het my laat besef dat ons moet vergewe – elke dag – en moet aanbeweeg en netg goed doen aan alle mense – disippels van God te wees in alle omstandighede,. Dit is die wesentlike van ons godsdiens soos Paulus dit verwoord aan die Romeine.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s