Daily Archives: Oktober 21, 2011

MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE

Ek praat later vanoggend met ‘n groep dominees oor MISSIONÊRE GELOOFSGEMEENSKAPPE.

Toe ek aanvanklik oor die onderwerp begin dink het, het my gedagtes vasgesteek by ALTERNATIEWE GELOOFSGEMEENSKAPPE. Die gedagte was dat die tradiosionele geloofsgemeenskap wat ons as dominees bedien en wat die meeste van ons lidmate ken, nie die oorgang sal kan maak om werklik missionaal te wees nie, en daarom het ons nodig om aandag te gee aan alternatiewe geloofsgemeenskappe wat die missionêre roeping van die kerk verder sou neem terwyl ‘n sekere deel van ons energie gegee word vir die “instandihouding” van die bestaande deur hulle te bedien soos hulle bedien wil word en nog altyd bedien is.

Ek het toe met ‘n paar alternatiewe geloofsgemeenskappe kontak gehad. Geloofsgemeenskappe wat gebore is uit iets wat vir my lyk na ‘n ontnugterings-ervaring. Lees voort

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Missionaal