GEREDUSEERDE EVANGELIES VRA PROGRAMME

Ek hoor hierdie week by twee geleenthede dat die NG Kerk nou vir die eerste keer in die geskiedenis meer lidmate bo 60 as onder 18 het. Die gegewens maak my bekommerd. Ek is nie bekommerd daaroor dat die NG Kerk gaan ophou bestaan nie. Die voortbestaan van enige kerk, gemeente of groep net om te voortbestaan is nie vir my hoë prioriteit nie. Ek sou graag wou dink dat die koninkryk van God vir my belangrik is.

Ek hoor klaar die stemme wat opgaan: Wat gaan ons doen om ons jeug te behou? Indien hierdie stemme dieselfde roete gaan as die vorige kere, kan ons gereed staan vir ’n paar netjiese programme om kerk vir jongmense so lekker te maak dat hulle weer sal kom en sal bly kom.

“Attractional” vs “Missional” sal deel van die gesprek wees.

“Attractional” behels onder andere dat alle bestaande erediensgangers hulle voorkeure moet prysgee om die erediens ‘n geleentheid te maak wat jongmense sal trek. Intussen het studie op studie gewys dat dit nie die antwoord is nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, hoe en wat ons in die erediens doen is krities belangrik, met die oog op aanbidding van God, maar is nie effektief met betrekking tot die bereiking van die mense wat reeds begin het om hulle rug op die kerk te draai nie.

“Missional” of missionaal  is ’dié modewoord. Onder andere gebore uit die gereduseerde evangelie wat ons verkondig het. Met ander woorde: Glo in Jesus en jy sal gered word – jy en jou huisgesin. Ek het die Here leer ken en my orpeing ontvang deur mense wat dié gereduseerde evangelie verkondig het. Vir sulke mense wil ’n mens sê dat ’n missionale gemeente gee uitdrukking aan God se groot “ja” vir hierdie wêreld. God is aan die werk in hierdie wêreld. “God’s yes to the world reveals itself to a large extent, in the church’s missionary engagement in respect of the realities of injustice, oppression, poverty, discrimination, and violence.” (Bosch) Die veangelie is veel meer as: “Glo in Jesus en jy sal gered word.”

Het die pendulum nie te ver geswaai nie?

Iemand maak gister teenoor my die opmerking dat sommige mense (verkeerdelik) ook met ’n gereduseerde evangelie werk deur die aktiwiteite van Christene te beperk tot niks anders as sosiale geregtigheid nie. Met sosiale geregtigheid word dan onder andere bedoel die veg teen die euwels van onreg, armoede, onderdrukking, werkloosheid, honger, rassisme, diskriminasie, VIGS, geweld teen vrouens en kinders, ens. Die feit dat die NG Kerk 25 jaar geneem het om die BELHAR belydenis enigsins op die spyskaart van die gemeentes van die die NG Kerk te plaas, is goed genoeg bewys dat ons nie ons stemme rondom sosiale geregtigheid genoegsaam laat hoor het nie. Maar, ek stem ongelukkig saam met hierdie persoon: Mense kan ook van missionaal ‘n gereduseerde evangelie maak.

Aan diegende wat die evangelie dan  op hierdie manier reduseer wil ‘n mens sê:

“Mission includes evangelism as one of its essential dimensions. Evangelism is the proclamation of salvation in Christ to those who do not believe in him, calling them to repentance and conversion, announcing forgiveness of sin, and inviting them to become living members of Christ’s earthly community and to begin a life of service to others in the power of the Holy Spirit.” (Bosch)

Die eerste redusering van die evangelie (EVANGELIE VAN VERLOSSING ALLEEN) het nie oorleef nie. Die tweede redusering evangelie (EVANGELIE VAN SOSIALE GEREGTIGHEID ALLEEN) gaan ook nie oorleef nie. Beide reduserings gaan weer nuwe programme vra om wanbalanse reg te stel.

Ek dink ons het  ver weggedwaal van die “basics”. Dissipelskap. Maar, nou ja, dissipelskap is ook gereduseer in bogenoemde terme. As iemand tot bekering gekom het, het ek ’n dissipel gemaak. (EVANGELIE VAN VERLOSSING ALLEEN) As iemand ’n broodjie uitgedeel het, het hy ’n dissipels geword (EVANGELIE VAN SOSIALE GEREGTIGHEID ALLEEN).

Hoe sou dit lyk as ons begin om dissipels te maak wat dissipels maak wat dissipels maak. Dissipels wat gestuur word om gelyktydig te dien en te getuig?

1 Kommentaar

Filed under Missionaal

One response to “GEREDUSEERDE EVANGELIES VRA PROGRAMME

  1. Beste Attie, Vergun my ‘n paar woorde. Die volmaakte kerk bestaan nie op aarde nie, maar ons kan / moet streef na die volmaakte. Ek weet en glo dat die Here nooit sal toelaat dat Sy kerk tot niet sal gaan nie. Ons sal verander, ja, maar tot niet gaan – nee, nooit! Ek sit ook elke Sondag in verskillende NG Kerke en sien al die grys en kaal koppe en merk ook op dat die moederkamers leeg is en dan kan ek nie help om hartseer te word nie. Waar is ons jongmense en jong getroudes?
    Ek lees ook al die besluite wat by die jongste Sinode geneem is oor baie dinge, veral Belhar en dan laat dit my wonder oor waarheen ons op pad is?.
    Wat ek wel glo en weet is dat die Here vir ons gesê het om dissiples te wees vir alle mense en almal dissiples van God te maak en dalk is dit waarop ons moet fokus. Elkeen van ons is / kan ‘n dissipel wees in ons allerdaagse werk en lewe en dalk is dit die oplossing vir ons kerk – om opgelei te word om ‘n ware dissipel vir die Here te wees op elke terrein van die lewe. Ek dink NG Waverley en baie ander gemeentes is op die pad en daarom sal ons nie “verdwyn’ nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s