Daily Archives: Oktober 20, 2011

GEREDUSEERDE EVANGELIES VRA PROGRAMME

Ek hoor hierdie week by twee geleenthede dat die NG Kerk nou vir die eerste keer in die geskiedenis meer lidmate bo 60 as onder 18 het. Die gegewens maak my bekommerd. Ek is nie bekommerd daaroor dat die NG Kerk gaan ophou bestaan nie. Die voortbestaan van enige kerk, gemeente of groep net om te voortbestaan is nie vir my hoë prioriteit nie. Ek sou graag wou dink dat die koninkryk van God vir my belangrik is.

Ek hoor klaar die stemme wat opgaan: Wat gaan ons doen om ons jeug te behou? Indien hierdie stemme dieselfde roete gaan as die vorige kere, kan ons gereed staan vir ’n paar netjiese programme om kerk vir jongmense so lekker te maak dat hulle weer sal kom en sal bly kom.

“Attractional” vs “Missional” sal deel van die gesprek wees.

“Attractional” behels onder andere dat alle bestaande erediensgangers hulle voorkeure moet prysgee om die erediens ‘n geleentheid te maak wat jongmense sal trek. Lees voort

Advertisements

1 Kommentaar

Filed under Missionaal