Ons het in ons kleingroep gisteraand oor Psalm 16 gepraat.
Ons het die gesprek begin deur met mekaar te praat oor mense wat ons vertrou en wat tot gevolg gehad het dat ons daardie mense vertrou. In kort kom ons toe tot die gevolgtrekking dat ‘n mens iemand vertrou omdat hy hom oor ‘n tyd as betroubaar bewys het. ‘n Mens raak die skielik eendag betroubaar nie. Mens groei wel in jou betroubaarheid, maar dit is dikwels, veral in die lewe van volwassenes, ‘n eienskap wat nog altyd daar was, maar waarvan ons nie geweet het nie. Ons ondtek die eienskap met die verloop van tyd.
Die tweede vraag was toe oor hoe ons God vertrou. Lees voort “Here, ek vertrou op U”