Fliek: The Blind Side.

Ek het gisteraand die fliek “The Blind Side.” gekyk.

Die rolprent vertel die ware verhaal van ’n jong man, Michael Oher,  wat op die strate van Memphis woon. ’n Vrou, Leigh Anne Tuohy, stop  een aand langs hom, laai hom saam met haar gesin in haar motor
en laat hom deel word van haar gesin. Michael ontwikkel tot een van die beste voetbal-spelers in die geskiedenis van Amerika.

Wat my egter getref het, is hoe die elemente van die Evangelie in hierdie rolprent na vore kom. In die gebeure het ek beleef hoe Leigh Anne Tuohy in Michael se lewe die rol speel wat God in ons lewens speel.

Eerstens is dit God wat my langs die lewenspad kom kry het, toe ek nêrens gehad het waarheen ek kon gaan nie. Leigh Anne dwing in ‘n sekere sin vir Michael om in die kar te klim.

Hoe moes God my nie dwing om my eie reis prys te gee sodat ek saam met Hom kon reis nie.

LEES HIER VERDER!

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Comments are closed.