Preek: Kolossense 3:1-4

Al die briewe van Paulus het twee dele.

Geleerdes sou praat van die eerste deel as indikatief, vaste dinge, dinge wat
waar is, wat onveranderlik is en die tweede deel as imperatief; die praktiese
implikasie van die indikatief. Die imperatief sou ook as ’n bevelsvorm gesien
kan word. Die indikatief verkondiging die evangelie met woorde, die imperatief
verkondiging die evangelie met die lewe. Die eerste deel is ontdekking, die
tweede deel is dissipelskap. Die eerste deel verlossing, die tweede deel
dankbaarheid.

Hoofstuk 1-2 is die eerste deel van die brief aan Kolossense. Paulus se
beskrywing van Jesus Christus, wie Hy was en wat Hy gedoen het, kan met geen
ander deel in die Bybel vergelyk word nie. Hoofstuk 1:15-20 is dié gedeelte in
die Bybel oor wie Jesus werklik is. Die opskrif is ook: “Die voorrang van die
Seun.” Die eerste woorde van die paar verse maak jou reeds bewus daarvan dat
Paulus ’n woorde skets van Christus gaan gee wat baie besonders is: “Die
Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.”

Die kern van die verlossingsboodskap word sekerlik in 1:13-14 uitgespel:
“Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die
heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die
verlossing gekry, die vergewing van ons sondes.”
(Kolossense 1:13-14)

Die tweede deel van brief, die praktiese deel, begin by hoofstuk 3:5. Tussen
hierdie twee dele van die brief is hoofstuk 3:1-4. Hierdie paar verse koppel
hierdie twee dele aan mekaar.

Lees HIER verder.

Lewer kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

Comments are closed.