Preek: Kolossense 3:1-4

Al die briewe van Paulus het twee dele.

Geleerdes sou praat van die eerste deel as indikatief, vaste dinge, dinge wat
waar is, wat onveranderlik is en die tweede deel as imperatief; die praktiese
implikasie van die indikatief. Die imperatief sou ook as ’n bevelsvorm gesien
kan word. Die indikatief verkondiging die evangelie met woorde, die imperatief
verkondiging die evangelie met die lewe. Die eerste deel is ontdekking, die
tweede deel is dissipelskap. Die eerste deel verlossing, die tweede deel
dankbaarheid.

Hoofstuk 1-2 is die eerste deel van die brief aan Kolossense. Paulus se
beskrywing van Jesus Christus, wie Hy was en wat Hy gedoen het, kan met geen
ander deel in die Bybel vergelyk word nie. Hoofstuk 1:15-20 is dié gedeelte in
die Bybel oor wie Jesus werklik is. Die opskrif is ook: “Die voorrang van die
Seun.” Die eerste woorde van die paar verse maak jou reeds bewus daarvan dat
Paulus ’n woorde skets van Christus gaan gee wat baie besonders is: “Die
Seun is die beeld van God, van God wat self nie gesien kan word nie.” Lees voort “Preek: Kolossense 3:1-4”

Die Vryheid van verkeerd wees.

Almal van ons verstaan dikwels baie dinge verkeerd. Niemand hou daarvan om te
erken dat hulle iets verkeerd verstaan het nie. Een van die redes is dat ek dink
dat daar iets met my verkeerd is wanneer ek iets verkeerd verstaan het.

Kathryn Schulz is ‘n “wrongoologist”.  Sy maak n studie van verkeerd
wees. Lees voort “Die Vryheid van verkeerd wees.”

My biografie as God dit moes skryf.

Een van die boeke wat ek weer en weer sal lees, is Jesus Manifesto deur Leonard
Sweet en Frank Viola. Een van die hoofstukke is, wat hulle noem, die kind van
God se biografie as God dit moes geskryf het.

Ons het Sondag-aand 24 April ons Paassangdiens gehad. Ek moes n kort boodskap
bring en my boodskap was toe ‘n verwerking van die biografie soos hulle dit
geskryf het. Ek plaas my verwerking met erkenning aan Sweet en Viola.

Sê nou God sou jou biografie skryf gebaseer op dit wat die Woord ons leer. Ek
dink dit sou iets soos die volgende kon lees:

Jou geboorte.

Jou begin was lank voor jy gebore is. Voordat ek enige iets geskep het, ja
voor die grondlegging van die wêreld, het Ek het jou in My Seun uitgekies om aan
my te behoort. Jou oorsprong is in My Seun en Hy was voor alle dinge reeds daar.
Ver-ver terug in die tydlose verlede, voor Ek die eerste keer gesê het “Laat
daar … wees.” – het Ek jou gekies, ek het My merk op jou geplaas, toe was jy
reeds Myne. Lees voort “My biografie as God dit moes skryf.”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑