“Gebed werk nie.”

Dieselfde opskrif was Dinsdag 1 Maart op die voorblad van die Beeld. Die eerste paragraaf lui: “Gebed in die vorm van versoeke rig aan God werk nie, meen ds. Albert Cruywagen van die NG gemeente Riebeeckpark in Kempton Park.”

Ds. Albert verwys dan na drie gesinne wat gebid het dat God hul kinders moet bewaar en elkeen van dié gesinne het twee kinders in padongelukke verloor. Op grond daarvan maak hy dan die opmerking dat dit nie is hoe gebed werk nie. Hy sê dat dit ook nie sal help om te bid vir reën nie, omdat God nie in die weerstelsels ingryp nie.

Ek weet nie of ’n mens so oor die saak kan redeneer nie. Ek ken mense wat in motorongelukke dood is ten spyte van die feit dat hulle veiligheidsgordels gedra het. Sou dit dan beteken dat ons moet ophou om veiligheidsgordels te gebruik?

Lees voort ““Gebed werk nie.””

Blog at WordPress.com.

Up ↑