ek en tieners

Ek kan nie anders nie. Ek moet bly dink oor tieners. Ek werk met hulle. Ek werk al baie jare met tieners. Ek is nie seker of dit ‘n voordeel of ‘n nadeel is nie. My verhouding met tieners begin by my studentejare op Stellenbosch toe ek van my vierde jaar af in Bellville ‘n jeugpos gehad het. Daarna was ek maar nog altyd verantwoordelik jeug-bediening.

Ek is nie seker of my jarelange verbintenis met die jeug altyd ‘n bate is nie. Dinge het verander en is steeds besig om te verander. Ek. en die oorgrote meerderheid van ouers van vandag se tieners,  het groot geword in n tyd toe daar sekere dinge was wat net eenvoudig nie bevraagteken is nie. Intussen het dinge verander. Tye het verander. Tieners vrae vra. Ek het verlede jaar ‘n dogter in my belydenisklas gehad wat op ‘n uiters naïwe manier geweier het om enige iets wat ek sê te aanvaar as ek dit nie verstaanbaar sê nie. Sy het gevra en gevra totdat sy verstaan het – alhoewel sy dit nie altyd aanvaar het nie.

Die feit dat mense vrae vra, beteken nie noodwendig dat hulle alles bevraagteken nie. ‘n Vraag soos: “Hoekom gly jy dit?” of “Hoekom maak julle so?” is nie noodwendig ‘n vraag wat impliseer dat ek verkeerd glo of verkeerd doen nie. Maar hoe ek op die vraag reageer gaan bepaal of dit wat ek glo en dit wat ek doen deur die een wat die vraag vra, bevraagteken of in twyfel getrek gaan word. Die dinge waarvan ons as ouer geslag so seker was en waarhede waarop ons alles gebou het, word skielik uitmekaar getrek. Vrae word gevra en wanneer ons nie ons oortuigings of ons optrede kan verduidelik nie, ontstaan die vraag: Hoekom glo jy dit dan? Hoekom doen jy dit dan?

Tieners vra die vrae. Hulle vra baie vrae aan hulle ouers en hulle vra baie vrae aan die kerk en in die kerk. Uit my ervaring blyk dit dat tieners  nie ‘n finale klinkklare antwoord op al hulle vrae wil hê nie. Dit lyk vir my dit is vir hulle belangriker om te beleef dat daar oor hulle vrae gepraat gaan word. Hulle praat nie omdat hulle weet nie. Ons is die geslag wat praat omdat ons dink ons weet. Hulle is die geslag wat praat omdat hulle oortuigbaar is. Hulle soek ‘n ruimte waarbinne oor hulle vrae kan gesels ten einde vir hulleself ‘n antwoord te formuleer – nie sodat ek vir hulle ‘n antwoord kan formuleer nie.

Ek beleef dat tieners heeltemal bereid is om daarmee saam te leef dat daar nie n antwoord op alles is nie. Hulle is bereid om met onsekerheid saam te leef. Hulle ie bereid om te bly dink. As ons as ouers en as kerk egter gesprek en vrae dooddruk met te vinnige en te maklike antwoorde wat vir ons gegeld het, doen ons skade.

Nietsche het die hele wereld op sy kop gedraai en baie mense woedend gamaak met sy uitdrukking: “God is dood.” Tony Jones skryf so oor Nietsche se opmerking:

But rather than damaging the faith , Nietsche may have saved the church from itself. He brought to light an underlying weakness of foundationalism – we have done away with the Unknowable. God, the Great Mystery, is no longer necesarry when human beings can know all and be all without Him. If science can objectively discover all truth and if, given enough time, humankind can master the cosmos, then where is God in that system? Nowhere. Nietzche’s point was that we killed  God, or more specifically, we need God.”

Daar is meer vrae oor God as wat daar antwoorde is. Ek is dikwels bang dat ek God soe goed verstaan, dat ek Hom doodgemaak het – dat Hy oorbodig geword het en dat daar eintlik nie meer plek is vir Hom nie. Mense kan afgode maak. Mense kan God nie maak nie. As ek Hom met my verstand kan omvat, het ek vir my ‘n afgod gemaak. Hy is die Groot Geheimenis, die Wonderlike Misterie, die Onkenbare.

Ek wil nie ‘n God aanbid wat ek met my verstand kan omvat en verklaar nie. Ek dink jongmense sien kans daarvoor.

Sien ons kans daarvoor?

2 thoughts on “ek en tieners

Add yours

  1. My indruk is dat tieners ook maar net wil ervaar dat iemand in hulle belangstel, hulle waardig ag, vir hulle as mens omgee en ook omgee om te hoor wat hulle dink. Dat ons vir hulle lief is, net soos hulle is!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: