die gemeente op die hoek

Iemand in ons gemeente stuur vir my hierdie stukkie wat hy n tyd terug op kletskerk raakgeloop het. Ongelukkig weet ek nie we die skrywer is nie, maar ek waag tog maar om dit hier te “paste”.

Maak toe en gaan terug!

deur Nehemia

Ek dink ons dwaal af van die Bybelse model van kerkwees…

Orals is daar gemeenskappe met hul kerkgeboue wat Sondag na Sondag net ‘n handjievol vasbyters het… ek het respek vir vasbyters, vasbyters is die verkeerde woord… nee dit is eerder mense wat vas glo dat die God wat hulle geroep het, hulle ook geplaas in die huis waar hulle woon… met die gay paartjie wat langsaan woon, die swart man en vrou met hul kindertjies wat skuins oorkant die pad ingetrek het, die gryskop ou tannie wie se man laas maand oorlede is met haar loseerder wat aan die ander kant woon… die geskeide vrou en haar drie kinders wat aanhoudend die rugbybal in my swembad skop wat agter my woon… ja hierdie mense vorm die gemeenskap met sy rye en rye huise in sy besige strate… en op die hoek van my straat sit ‘n kerk… ja ‘n NG Kerk (maar maak dit regtig saak) God se kerk… en daar sukkel oom Piet maar voort met die Sondagskool, en die Kerkraad en die Finansiele kommissie en die Gebouekommissie en die mansbybelstudie en die sopkombuis en die barmhartigheidswerk en die … en die… en die … en die lys gaan aan, want hy is een van die 100 getroues in die kerk met ‘n 1500 ingeskrewe lidmate…

En wat doen ek? Ek klim in my kar en ry 30km na ‘n ander kerk binne in ‘n ander kerk… omdat ek daar tuis voel, ek voel dit is my tipe kerk, dit werk vir my… en ek is op die Bybelstudie en op daai kamp saam met ander mense wat presies dieselfde doen en ek gaan evangeliseer die strate van ander dorpe en voed die hongeres van ander stede… in die meantime het die matrieklaaitie wat oorkant my bly vanoggend matriekeksamen gaan skryf op ‘n honger maag, omdat hy eergisteraand laas geeet het… maar ek sal nie daarvan weet nie, want ek is nou deel van ‘n ander gemeenskap… terwyl die gemeenskap waarin ek my kop in die aand gaan neersit, wat ek in die oggend vriendelik groet oorgelaat is aan oom Piet wat alleen voortsukkel.

En NIEMAND gaan vir my vertel dat God minder aan die werk is in die kerk op die hoek van die straat… met sy vervelige ds, preke en orrelgesang… as in Genex waar ons mekaar besig hou met debatte op ‘n website nie…

Ek sluit af met lirieke van ‘n song…

“Die muur om Jerusalem het sterk gelyk die vesting sou vir ewig staan, maar die volk van die Here het verkeerd gekyk, want Babel se manne het hom plat geslaan… Hulle bou toe weer om Jerusalem ‘n muur, ‘n muur gebou… en gou was dit klaar, want elke ou bou net voor sy eie huis!”

 

 

 



5 thoughts on “die gemeente op die hoek

Add yours

  1. Dit is nou mooi!! Die kerk is nie die gebou op net die hoek nie, maar die mense binne die gebou (ook die simbool van hoop, liefde, gemeenskap, samesyn, ens) wat ‘n verskil in die gemeenskap moet maak. Die kerk is die anker en die simbool in die gemeenskap waar ons bymekaar kom en van waar ons uitbeweeg om ‘n verskil te maak, hetsy in Waverley, Moot, Tshwane, Guateng, SA, Afrika, ens. Daar is orde – begin by die huis en beweeg uit. Soos die storie van die koppie koffie wat vol gemaak word en oor loop in die piering, dan op die tafel en dan op die mat, en dan in dien gang, by die deur uite, ens.
    Baie keer wonder ek of ons regtig genoeg doen en daarom het ek ‘n vraag oor Mattheus 28:19. Doen ons wat van ons verwag word?:
    Tong in die kies: Ek het “n kleintjie dood” aan mense wat na “andere kerke vlug” met die hoop dat dit daar “anders sal wees”. Ons moet blom waar ons geplant is “for better or for worse”.

  2. Baie interessante artikel Attie. Baie gepas ook want ons as gemeente kom nou sopas uit die 40dae doelgerigte lewe met die kernvraag – wat op aarde maak ek hier. Miskien die vraag wat onsself moet vra is “Hoekom is ek in hierdie dag en datum en tyd hier geplaas?” As ons werklikwaar die antwoord afbid glo en sal ons duidelikheid kry oor wat ons binne ons gemeenskap en gemeente moet doen – ons hoef nie buite ons grense werk te gaan soek nie, daar is genoeg rondom ons.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: