Ons kan President Jacob Zuma se opmerkings oor die hemel en die hel nie net verby laat gaan as nog ’n uitdrukking van ’n opportunistiese politieke leier nie. Volgens vanoggend se Beeld het hy gesê:
“Wanneer jy daar bo kom, word verskillende kaarte gebruik, maar wanneer jy ’n ANC kaart het, sal jy toegelaat word.”
“Wanneer (Jesus) ons kom haal, sal ons vind diegene (in die hiernamaals) dra, swart, groen en goud… die heiliges behoort aan die ANC.”
Hy het verder gesê dat die wat teen die ANC stem hel toe gaan.
Hierdie begrippe: “Hemel”, “hel”, “wederkoms” van Jesus het ’n baie besondere geestelike en emosionele betekenis vir die oorgrote meerderheid mense in Suid-Afrika. Hemel is die “plek” waar ek as iemand wat my geloofsvertroue in Jesus Christus as die gekruisigde en opgestane Seun van God gestel het, die ewigheid met God gaan deurbring. Hel is die teenoorgestelde. Dit is die ewige verdoemenis wat wag op hulle wat nie in Jesus glo nie. Volgens die Bybel is Jesus Christus self die deur en is Hy die weg na die Vader en die ewige lewe, of dan die hemel. Hy het gegaan om vir ons plek gereed te maak en Christen verstaan dit as dat Hy vir ons in die hemel plek gaan voorberei het. (Ek wil nie hier n debat voer oor waar die hemel is en of ons reg glo nie.)
Natuurlik kan hemel en hel gebruik word om verskillende ervarings te verwoord. Ons gebruik die woord “hemels” om iets moos of besonders te beskryf en “hel” om iets verskrikliks te beskryf. Die ANC is welkom om te redeneer dat hulle vir Suid-Afrikaners hemel op aarde geskep het in die manier waarop hulle die laaste 16 jaar regeer het. So ’n stelling kan betwis word en sou wonderlik teen hulle gebruik kan word. Inteendeel ek het reeds in my gedagtes prentjies begin sien oor hoe Zuma se terminologie teen homself gebruik sou kon word.
Maar die breër konteks maak saak. Die breër konteks is die inhoud wat die deursnee mens of dan gelowige aan hierdie begrippe heg. In die konteks van Zuma se opmerkings gaan dit oor hoe ’n mens die “hemel” deelagtig word. Dit gaan nie vir Zuma oor hemel op aarde nie – dit gaan oor wanneer Jesus ons kom haal. Dit gaan vir Zuma oor die lewe hierna en nie die lewe op aarde nie.
Ek dink dit is die slenters van ’n regering wat weet dat hy risiko loop om die steun van veral die mense in die platteland te verloor as gevolg van leë beloftes en uiters powere dienslewering. Ek dink dit is die retoriek van ’n politieke leier en ’n politieke party wat homself so vas gevroetel het in sy eie magsmisbruik, vergrype, selfverryking, nepotisme en korrupsie dat hy nie anders sal kan as om hom na sulke dinge te wend nie.
Ek dink die regering en die ANC moet die gedagtes gedagtes soos magsmisbruik, vergrype, selfverryking, nepotisme en korrupsie op die tafel sit en hulle politieke retoriek daar rondom voer. Dan kan en wil ons n politieke gesprek voer.
Ek dink die ANC wat Zuma se uitsprake regverdig het, en die President persoonlik, skuld die Christene en die Jode en die Moslems van Suid-Afrika ’n verskoning. Want, hemel en hel is net so sleutel begrip vir die Jode en die Moslems.
Hierdie is ‘n emosionele reaksie op Zuma se uitsprake en die ANC se hantering daarvan, maar hierdie is vir my en talle ander Christene ‘n intens emosionele saak.
Attie, Die probleem is dat die stomme man nie weet waarvan hy praat nie. Hy dink hy is reeds hier in Suid Afrika in die Hemel. Al wat ons kan doen is om vir die stomme man, ons land en die regering te bid. Die tyd dat mense iets aan ons land en die regering gaan verander is nie meer moontlik nie.
Ek was ook eers emosioneel, toe kwaad en toe skaam dat die wêreld daar buite die dinge hoor en lees. Enige verskoning van die stromme man sal net lippe taal wees. Al wie hy om verskoning moet vra is die Vader self.
Los hom maar uit – iewers in die nabye toekoms sal die Here self ingryp. Wie moet ons bedank vir al die dinge: FW de Klerk?, Pik Botha?, Roelf Meyer?, Dawie de Villiers?, Leon Wessels? ,die destydse NP? Aanvaar maar net dat dinge in SA nooit weer beter sal word nie, maak nie saak hoeveel sokker ons speel nie. Al is ons emosioneel, kwaad, teleurgesteld, ens., ons moet maar net vashou aan ons waardes en geloof. SA is op ‘n vinnige afdraande en iewers in die toekoms sal ons weer die stukke moet optel en van voor af begin bou.
Ek sien dit so: Vat dit van wie dit afkom. Net weereens ‘n bewys hoe ligsinnig die land se leierkorps is. ‘n Duidelike bewys van die tyd waarin ons, ons bevind, oral is daar pogings om die christenne te onspoor, verwar, noem dit soos jy wil. Die belangrikste ons moet vashou aan die waarheid, meer as ooit te vore. Ons kan nie net glo wat aan ons opgedis word deur die media, sekere “geloofsleiers”, ons regering en elkeen wat ‘n mening uitspreek nie. Ons moet ons voortdurend afvra, is dit die werklike waarheid, of is dit propaganda of bloot sensasie.
Dit help ook nie ons verwyt vorige regerings/leiers nie, hulle het maar net gedoen wat hulle volgens hulle persepsie as reg beskou. Het ons vandag die korrekte perspsies oor dit wat rondom ons gebeur?
Ek sluit af: “n leuen moet net lank genoeg herhaal te word om as die waarheid beskou te word en dit sal so word. Wees versigtig aan wie en wat jy jou ore uitleen. Doen self ondersoek en moenie alles vir soetkoek opeet nie. Seg Bloedbek
Is dit nie interessant, tog hartseer om die reaksie te volg op die uitsprake nie, veral in die nuus en aktuele wereld, mense se reaksie is dat godsdiens nie plek het in politiek nie, of politiek nie plek het in godsdiens nie. Waar trek ons die lyn, in ons afwagting op die wederkoms moet ons eerder vra ” WSJD” (Wat sal Jesus Doen).
Wat doen ons as gelowiges, fel ons nou die oordeel oor Pres Zuma se uitsprake, is ons nie dan net so skuldig nie. Ek glo ons moet eerder die Bybelse pad volg, dit is net weereens ‘n toets vir elke gelowige, want christelike veroordeling loop al lank in die godsdienstige geskiedenis saam. Kom ons haal die beste hieruit en se al is ek nie pro swart,geel en groen nie, is ek nog steeds ‘n Christen, want niemand op aarde kan reg op ‘n ewige lewe toestaan of los nie, Gelukkig kan net ons Hemelse Vader, deur al Sy groot Genade, wat reeds dit vir ons gegee het.
Vergewe my as ek wonder of dit nie maar baie dieselfde is as wat die NP en NG Kerk vir jare vir ons gevoer het nie ? Die Np en die NG kerk het dit net beter gekamofleer.
En op die ou end maak of ek NP of ANC stem en of ek NGK of AGS toe gaan geen verskil aan of ek hemel toe gaan of nie.
Stem ek saam met wat JZ gesê het ? NEE.
Maar, ek besef ook dat die media alweer ‘n storie ry vir al wat hy werd is en so veel as moontlik sensasie daaruit probeer put. Want sensasie verkoop.
Adoonsie, Ek wou dit nie so blatant stel nie, maar jy is dalk nie heeltemal verkeerd nie. Ek dink nie dat dit die moeite werd is om ou Zuma te probeer “aanvat” nie – jy sal beter resultate kry om met ‘n klip te praat. Vir jare was apartheid net die “weg na die hemel” volgens die kerk en die regering. Vandag s dit die “weg na die hel”.
Wat is nuut?
Zuma se uitlatings is vir my as Christen onaanvaarbaar. Ek dink dat ons baie keer te geneig is om sulke dinge maar net gelate te aanvaar, want dit is moes hoe ‘n Christen dit moet doen. Ek is jammer maar ek sal nie toelaat dat daar so gemors word met dit wat my Verlosser vir my kom doen het nie. Jesus Christus is ons enigte toegangskaart.
Dit is baie duidelik dat Zuma die arme mense op die grond se stemme probeer wen. Ja die vorige regering het dalk dit ook so gedoen. Ongelukkig kan ons niks aan die geskiedenis doen nie. Ons kan wel die toekoms bepaal. Ek dink as ons mooi na Jesus se optrede gaan kyk sal ons sien dat Hy ook nie geskroom het om die gesagstrukture van Sy tyd aan te vat nie. Is dit nie maar een van die redes hoekom Hy gekruisig is nie?
Ek dink net ons moet as Christene iets doen. Wat ons moet doen, moet ons met die hulp van gebed doen en vir die Here vra om ons te wys. As ons uitlatins soos die gelate aanvaar, wat is volgende?
Dankie vir hierdie tegnologie tot ons beskikking. Wat ek hier oor Zuma se uitlatings wil se, het ek reeds op ander plekke ook gese. Wie gaan vir Zuma help om te ontdek dat die hemel of die hel nie aan hom behoort nie, dat hy dit nie kan uitdeel of weghou van wie hy wil nie. Die Hemel en die Hel is God se eiendom en Hy alleen het beheer daaroor. Die Hemel is daar net vir diegene wat Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker aanneem, dit is die plek wat God vir Sy kinders daar gestel het. Die Hel is die plek wat God gereed hou vir elkeen wat die Verlossingswerk van Jesus Christus verwerp. Oor dit wat Zuma kwyt geraak het is ‘n belediging vir alle Christene wereldwyd en kan nie maar net gelate aanvaar word nie. Hy gaan dalk verskriklik mooi om verskoning vra, maar die skade is gedoen en ek weet nie hoe hy vir die volk gaan se dat hy nie by magte is om aan enigiemand ‘n ANC kaartjie hemel of hel toe te kan gee nie. Daar moet iemand wees wat met hom persoonlik ‘n afspraak sal maak en aan hom die weg na die Hemel deur Jesus Christus te wys. Ons sal volhard om te bid dat die Heilige Gees hom sal oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel sodat hy sy saak met God in orde sal kry.
Mense, mense. Kom ons los nou maar vir Zuma en sy gewraakte uitlatings uit en beweeg aan. Hy het baie mense, selfs my Swart Huishulp en baie ander Swart mense so die hoenders ingemaak dat hulle wil weet vir wie om nou te stem. So werk alles uiteindelik ten goede mee. Die Here laat nie met hom spot nie, onafhankil van kleur, ras of geslag.