zuma se gewraakte “hemel” en “hel” uitdrukking

Ons kan President Jacob Zuma se opmerkings oor die hemel en die hel nie net verby laat gaan as nog ’n uitdrukking van ’n opportunistiese politieke leier nie. Volgens vanoggend se Beeld het hy gesê:

“Wanneer jy daar bo kom, word verskillende kaarte gebruik, maar wanneer jy ’n ANC kaart het, sal jy toegelaat word.”

“Wanneer (Jesus) ons kom haal, sal ons vind diegene (in die hiernamaals) dra, swart, groen en goud… die heiliges behoort aan die ANC.”

Hy het verder gesê dat die wat teen die ANC stem hel toe gaan.

Hierdie begrippe: “Hemel”, “hel”, “wederkoms” van Jesus het ’n baie besondere geestelike en emosionele betekenis vir die oorgrote meerderheid mense in Suid-Afrika. Lees voort “zuma se gewraakte “hemel” en “hel” uitdrukking”

Die regte medisyne vir die pyne van kwynende kerke

Hierdie artikel van Stephan Joubert het gister in Rapport veskyn:

’n Ruk gelede moes ek by ’n saamtrek praat oor die toekoms van die kerk. Toe waag ek dit om te sê dat as ons aanhou doen wat ons tans doen, gaan ons bly kry wat ons nou kry – werklikheidsvreemde gemeentes!

As ons nie anders begin dink oor die kerk as ’n geloofsbeweging eerder as ’n oorbestuurde kerklike instituut nie, gaan niks dié groeiende irrelevansie stuit nie.

Gevaarligte flikker weens die instandhouding van die rolle van professionele leraars as geestelike eenstop-dienste; eindelose administrasie; flou kategese wat die Bybel ’n vreemde boek vir jongmense maak; oorbeklemtoning van dogma (ortodoksie) ten koste van geleefde geloof (ortopraksie), en ’n steriele teologie waar die kerk die koninkryk van God op die agtervoet gedwing het. Lees voort “Die regte medisyne vir die pyne van kwynende kerke”

Blog at WordPress.com.

Up ↑