Die Bybel plaas ’n besondere klem op gelowiges wat in kleiner groepe bymekaar moet kom. In die Nuwe Testament is daar verskeie plekke waar daar na kleingroepe in die vroeë kerk verwys word. (Handelinge 2:46; 12:12; 20:8; 20;20; Romeine 16:4-5; 1 Korintiërs 16:19; Kolossense 4:5; Filemon 2) Daar is ook sekere opdragte in die Bybel wat daarop dui dat dit gedoen moet word. Hierdie opdragte het hoofsaaklik te make met dinge wat nie moontlik is om in ’n groot groep soos ’n gemeente of dan ’n Sondag-erediens bymekaar te kom. Christene het ’n verantwoordelik om mekaar te dien. (Hebreërs 3:13; 10:24-25; Galasiërs 6:2; Kolossense 3:16; Jakobus 5:16; 1 Petrus 4:8-9; Efesiërs 4:32) Die verskeie “mekaar-tekste” in die Nuwe Testament noodsaak dat Christene in kleiner groepe bymekaarkom om mekaar te dien en te bedien.
Die liefdesgemeenskap wat in kleingroepe beleef word, is ’n deurlopende tema in die Bybel. God roep vir Hom ’n volk en hulle word georganiseer in families wat deur familiehoofde en ander leiers bymekaargehou word. Selfs in die tyd toe die Jode in ballingskap na vêr lande geneem is, het die volk in hulle in klein groepe georganiseer en mekaar op die manier bemoedig. Jesus het van ’n kleingroep gebruik gemaak om die dissipels toe te rus om die werk wat Hy begin het voort te sit. Die gemeentes wat Paulus tydens sy sendingreise geplant het, was groepies gelowiges wat in mekaar se huise bymekaargekom het. In Handelinge sien ons ook dat die gelowiges op Sondae by die tempel bymekaargekom het om te aanbid van huis tot huis in kleingroepe bymekaargekom het.
Die belangrikheid van Christene wat in kleiner groepe bymekaarkom, is nie net ’n Bybelse klem nie, maar werp ook vrugte af in die praktyk. Elke opdrag in die Bybel het die twee dinge in fokus. Die eerste is die eer van God en die tweede is die welsyn van die mens. As ons as mense aan God gehoorsaam lewe, sal die wêreld ’n beter plek wees. Dink maar net aan die teks in Miga 6 waar die Here beklemtoon dat Hy net drie dinge van die mens verwag en dit is dat ons reg sal laat geskied, liefde en trou sal bewus en bedagsaam teenoor God sal lewe. Waar mense getrou aand daardie drie beginsels lewe, sal 90% van die wêreld se probleme opgelos wees. Net so het effektiewe kleingroepe tot gevolg dat die lewe vir mense beter raak.
Ek beleef dikwels dat lidmate siek word en selfs in die hospitaal beland sonder dat ek daarvan weet omdat hulle deur die mense in hulle kleingroep versorg word. Twee weke gelede is ’n man in ons gemeente oorlede en iemand het my gebel om sy vrou te gaan bystaan. Toe ek daar kom is dit medegelowiges wat in haar huis is en saam met haar deur hierdie moeilike tyd gaan. In ’n ander geval het ‘n man en ’n vrou wat van mekaar geskei is deur die bediening in die kleingroep besluit dat hulle weer met mekaar wil trou.
Kleingroepe is die manier waarop God die lewe vir sy kinders beter maak deurdat hulle mekaar versorg en na mekaar omsien. Natuurlik vind God vreugde wanneer sy kinders in liefde met mekaar saamlewe en hulle deur mekaar beleef dat Hy in liefde na hulle omsien. Maar in sy groot liefde het God ons vir mekaar gegee omdat dit vir ons die beste is.
By ’n ander geleentheid sal ek iets skryf oor die gedagte dat kleingroepe ook die manier is waardeur God se koninkryk uitgebrei word en meer en meer mense volgelinge van die Here Jesus Christus word.
Attie, Toevallig het ons gisteraand tydens ons kleingroep byeenkoms ook oor die saak gepraat en dit sluit ook aan by die vorige tema van “sal die gemeenskap agterkom as NG Waveley sy deure sluit”.
Al wat ek wil sê is dat die tyd ryp is dat die “NG Kerk familie” nuut sal moet begin dink oor “kerk wees”. Die NG Kerk slaag nie daarin om nuwe volwasse lidmate te trek nie en die groei in die NG Kerk is alleen maar die naturlike aanwas van bestaande gesinnne. In teenstelling groei baie ander denominasies deur volwasse lidmate te trek – kyk na die sogenaamde “tent kerke wat orsl opspring waarvan sommioge ook deur NG dominees bedien word. na wat verneem word was daar verlede Sondag meer as 2000 mense byeen is so ‘;n kerk is Pretoria. Hoekom? Die NG Kerk sal nuut moet begin dink oor “kerk wees” en dan bedoel ek dit nie negatief nie maar positief en pro-aktief. Martin Lutter en Calvyn was baie “ongewild” toe hulle begin “nuut dink” het oor kerk wees en vadag dank ons hulle daarvoor.
Oor kleingroepe wil ek net sê dat die “40 dae” een van die beste dinge is wat ooit in NG Gemeente Waverley gebeur het en daarvoor moet jy ‘n “veer in die hoed kry” Dit was nuwe denke en dit het gesorg dat Waverley weer ‘n “uitreikgemeente” geword het ooreenkomstig met die opdrag van die Here soos verwoord in Matthéüs 28:19.
Ek dink tog ons is op die pad met ons kerk wat die Here wil hê ons moet wees. “Nuut word” is ‘n proses en ek sien reeds die vrugte van die proses. Dit is ‘n vooreg en ‘n seën om in NG Waverley te aanbid, maar ons moet net nooiot ophou vra: Sal die gemeenskap agterkom as ons, ons deur sluit? Dit is die uitdaging Matthéüs 28:19 aan ons stel en nooit, maar nooit moet ons die uitdaging as ” onredelik en onbillik” beskou, soos gestel in ‘n vorige “block” nie. Ek var myself eke dag die vraag af: Slaag ek daarin om ‘n verskil in ander mense se lewe te maak en as die vraag as “onredelik en onbillik” geag word is daar iewers ‘n baie groot teologiese fout in benaderinge. Shalom!
Wat die betrokkenheid by ‘n kleingroep vir my beteken, is dat dit my aangespoor het om in my persoonlike stiltetyd ook baie meer te doen, dieper te delf. Danksy die kleingroep het ek in geloof gegroei.
Johan – die NG Kerk dink reeds nuut oor kerk-wees. Die nuwe denke beteken nie dat ons eerste vraag is: Hoe goed kry ons dit reg om jong volwassenes op ‘n Sondag op die kerkbanke te kry nie? Die nuwe denke vra: Hoe kry ons dit reg om ‘n na buite gerigte gemeente te wees? Hoe kry ons dit reg om God se vrede prakties in ons gemeenskappe te laat grondvat? Dan maak ouderdom van “vrede-bewerkers” nie saak nie. Die vrede, en die Prins van vrede bly belangriker as die voertuig van vrede. Hoe kry ons dit reg om ‘n na buite gerigte gemeente te wees? Treetjie vir treetjie vir treetjie. Moet nooit ophou om nog n treetjie te gee nie.
Stefan Joubert Rapport 6 Febr.
Dit is baie interressant hoe die “KerK” deesdae in die kollig is.Die HERE werk in seisoene , verseker ,Hy praat self in Sy Woord daarvan.Ek glo ons leef in die seisoen waar mense moeg is om te hoor van die Christene.Mense wil sien.Die Here het gese gaan uit en maak disipels, Sy eerste opdrag.Bedoelende , gaan uit en wees en maak volgelinge van Jesus.Die Woord van God is eenvoudig.Niks ingewikkelds nie.
BACK TO BASICS.Preach the gospel and if necessary use words.Kerk is van Maandag-Saterdag , Sondag is maar net FELLOWSHIP.Miskien moet iemand bietjie die Kerk se geskeidenis van Jesus se tyd af tot nou vir ons verduidelik.Baie mense sal nie glo hoe ver ons die pot mis sit nie.Veral van Constantyn se invloed af.Waarvandaan kom die woord Kerk?Dit is nie die Eklesia , wat die Woord van God praat nie.
As ons die Waarheid soek, sal ons dit vind.So se God vir ons.
amen…