Op verskeie plekke op die internet en in die pers is daar tans gesprekke oor die kerk wat vashou aan sekere belydenisse wat wetenskaplik nie verifieerbaar is nie. In Suid-Afrika het ons in die laaste jare gesien hoe geloof meer en meer plek maak vir die rede. Met ander woorde, dit wat ek nie met my verstand kan verwerk en verklaar nie, kan nie geglo word nie.
Die onlangse gesprek is aangevuur deur die brief van “Ds. Kannieamenkrynie” oor eredienste op Kersdag en dominees wat met teologiese stellings wat wetenskaplik nie bewys kan word nie, die hoorders verveel. Gister was dit weer Koot Bosman. Koot skryf:
“Ek en ander soekendes wil nie die kerk verlaat nie. … maar ’n groeiende aantal lidmate soek ruimte en geleentheid om te bely en te glo soos ingeligte oortuiging hulle lei. Maar dan moet die kerk geloofwaardig bly deur oop te wees vir nuwe insigte en vrae wat daaruit voortvloei.”
Ek wil nie Koot se brief ontleed nie. Ek wil eerder ’n paar subjektiewe opmerkings maak oor wat ek hier in lees. Koot vra dat die rasionele en die wetenskap die laaste sê sal hê met betrekking tot die inhoud van ons geloof. Ek besef daar is al hoe meer Afrikaanssprekendes wat uit die teologiese “kas” uitklim en hulle soortgelyke standpunte uitspreek. Ek merk ook dat dit gesien word as die manier waarop almal regoor die wêreld deesdae oor teologie dink.
Die beklemtoning van die rede of die rasionele is ’n tipiese kenmerk van die modernistiese era wat sy oorsprong het in die Verligting (Enlightenment). Lees voort “die kerk – bekommernis en hoop”