Ek het onlangs ‘n baie negatiewe en beledigende kommentaar op een van my “posts” gekry. Die gevolg was dat ek my blog vir eers vir kommentaar gesluit het. Ek wil graag bietjie agtergrond hieroor gee aangesien ek graag in 2011 weer die “blog” wil laat herleef.
As n reël gee ek nie om vir opmerkings of kommentaar wat van myne verskil nie. Hierdie betrokke persoon het egter in haar kommentaar dinge geskryf wat baie lank terug in my lewe gebeur het. Ek moet eerlik wees en sê dat die dinge wat sy gesê het nie alles onwaar is nie, maar dat alles wat sy gesê het ook nie waar is nie. Sy het die waarheid ekstra bietjie ekstra kleur probeer gee. Ek vermoed die rede is omdat sy nie saamgestem het met iets wat ek in een van my “posts” geskryf het nie.
Ek is baie Verleë oor dinge wat in my lewe gebeur het, maar dit is dinge wat ek in my verhouding met die Here en my verhouding met ander mense deurgewerk en uitsorteer het. Hierdie dinge is verby en ek het nie nodig om myself weer teen daardie dinge te verweer nie. Mense wat na my prediking luister sal weet dat ek dikwels meld dat daar dinge is waaroor ek baie skaam is en wat nie in my lewe moes gebeur het nie. Ek wil in hierdie opsig by Paulus aansluit en sê dat Christus gekom het om sondaars te red, waarvan ek die vernaamste of die grootste is.
Ek gaan dus hierdie jaar weer die koffietafel dek en so nou en dan die perkoleerder aansit en ‘n kan koffie gereed kry. Kom drink gerus ‘n koppie koffie saam met my. Vir n tyd lank gaan jou kommentaar nie dadelik geplaas word nie. (Amper soos ‘n restaurant. Kom sit, plaas jou bestellling en wag net so n bietjie.) Ek gaan vir eers alle kommentaar goedkeur voordat ek dit plaas. Jy mag met steeds met my verskil. Verskille help ‘n mens om te dink en jou eie mening te formuleer en selfs te besef dat jy nie heeltemal reg oor n saak gedink het nie. Die manier waarop jy van my en/of enige iemand ander op die “blog” verskil gaan egter bepalend wees. Vermy persoonlike aanvalle, beledigende opmerkings ens.
Ek glo dat ons as Christene in die kuberruimte (dit is nou die internet) hoort en dat ons die boodskap van God die Skepper en die Vader van ons Here Jesus Christus as die enigste en ware God moet uitdra. Ons hoef nie skaam te wees oor wat ons glo en in wie ons glo nie. Ons kan selfs debat voer met mense wat nie glo in God glo nie. Ons moet hierdie gesprekke egter met ‘n gesindheid van nederigheid en liefde doen. Ons sal moet aanvaar dat selfs mense wat nie dieselfde geloofsoortuigings as ons deel nie, deur die Here gebruik kan word om ons te vorm.
Ek gaan van tyd tot tyd vir ander vriende van my vra om n “post” te skryf om gesprek aan te wakker en ook as ek iets anders raaklees dit net so hier kom plaas.
Ek sien uit na die gesprekke wat ons hierdie jaar rondom die koffietafel gaan voer.
Mag hierdie jaar vir elke een wat hier kom lees n jaar van geestelike groei en deurbrake wees. Ek wil vir jou n vers toebid wat deel vorm van die gedeelte waaroor ek Sondag preek:
“Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang.”
(Kolossense 1:9-10
Ek waardeer jou eerlikheid…probleem is altyd ons verlede maar nie met ons nie. Dus altyd die Ander wat die verlede op bring. Dankie vir jou BLOG
Ds. Attie, ek het gewonder wat het van die “koffietafel” geword. Ek weet nie wat in jou verlede gebeur waaroor jy skaam is nie en ek gee, met respek nie om nie omdat dit glad nie saak maak nie. Mens kan niks aan die verlede doen nie en die toekoms is duister. Al waar mens iets aan kan doen is nou en hier en ek dink jy en Renate het die afgelope jaar baie goeie werk vir die Here nou en hier gedoen en jy kan trots wees daarop. Die Bybel leer ons nie verniet dat die een wat sonder sonde is, “die eerste klip moet gooi”. Een les wat ek vroeg in my lewe geleer het, veral toe ek feitlik elke dag van my lewe besig was met letigasie was om nooit maar nooit die man “aan te val” nie, maar altyd “die saak”. Ek het ook al baie met jou verskil en sal verseker ook in die toekoms van jou verskil, maar as dit in liefde en tot voordeel van die saak is, “who cares?”.
Daar is een ding wat ek graag op die koffietafel wil plaas waaaroor ek al baie jare stoei en die saak se naam is “die wegraping”. Ek het ‘n paar van Tim Lahaye en Jerry Jenkins se romans gelees en toe begin wonder oor die teologiese waarhede. Kan dit moontlik wees? My skoonmense is in die Evangelies Gereformeerde Kerk en een van hulle sterk geloofsoortuigings is om te wag om “weggeraap” te word. Hulle glo vas daaraan. Kom ons praat bietjie oor die saak.
Baie goed om te verneem, Attie! Sien uit na die nuwe gesprekke. Sommer ook als wat mooi is vir 2011.
Lekker!!! Bly om te sien ds is terug!
Ds Attie en die ander ‘bloggers’
Dit is baie aangenaam om die tafel weer aan die rangskik te sien kom! Die is my heel eerste blog so ons hou dit maar kort vir nou want ek tik baie stadiger as wat ek kan praat…(LOL)
Ek wil aansluit by Johan itv die klipgooiery – en ook saamskaar by andere – ons het almal dinge waaroor ons nie trots is nie, aar dis in die verlede en as Christen weet ek ook dat alhoewel ek en miskien ander dit nog onthou – dit vergewe is deur Christus se kruisdood! WOW dis lekker om dit te weet en te glo …
Ek sien uit na die blog en weet ek gaan sommer weer baie daaruit leer
Groete – Jeremiah
Welkom terug! Laat die wat sonder sonde is die eerste klip gooi. Ons ander “gewone” mense sal maar net lekker hier by jou kuier 🙂
Hello. Ek sien nou tog dat ons mag kommentaar lewer, al het ek hierbo gelees ons kan nie!!
Ek het nog nie voorheen jou blog gelees nie, maar is baie opgewonde… ek glo hier gaan nog groot dinge gebeur.
Dankie, en sterkte!!
Hallo Attie
Ek is mos altyd dwars…….ek wil net eintlik se BAIE voorspoed vir 2001 en mag jul geseen wees as gesin………mis julle ek doen nog steeds nie hare nie ……verlang baie daarna……….werk baie hard het jou dalk nodiger as wat jul ooit sal besek
Liefde vir almal verlange
Ek is bly jy is terug, 🙂
Toe ek gister hierdie hierdie skrywe opmerk by meeste gelees, het ek onmiddellik gedink aan Filippense 3 vers 13 waar Paulus se,Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is.Ek dink baie van ons mense sukkel om hierdie in hulle lewe toegepas te kry.
Groetnis.
Hi Attie, wsanneer “post” jy weer bietjie? Ek mis jou gesprekke.