GOD GEBRUIK DRIE DINGE WAT MENS NIE SOU VERWAG NIE
- GOD GEBRUIK PROBLEME OM MY TE LEER OM TE VERTROU.
“Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet swaarkry kweek volharding en volharding kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop.” (Romeine 5:3-4)
Ons gaan nooit in ons lewe op die punt kom waar alles net goed sal gaan nie. Ons lewe in ’n wêreld wat deur die sondeval verwoes is. Daarom is hierdie wêreld en hierdie lewe nie wat God bedoel het dit moet wees. Swaarkry en probleme gaan deel van ons lewens bly totdat Jesus weer kom.
Romeine 5:3-4 beskryf ’n groeiproses. God wil swaarkry en probleme gebruik om ’n proses van groei in my lewe te bewerk. Die heel eerste ding wat moet gebeur is ek moet leer om te volhard. Iemand wat volhard raak nie moedeloos nie. As ek moed verloor kom ek naderhand op ’n punt wat ek dink dat God my in die steek gelaat het.
Volharding beteken dat ek as volgeling van die Here Jesus aan God bly vashou, maak nie saak hoe sleg dit gaan nie. Partykeer is swaarkry en probleme so erg dat ek moet klou vir al wat ek werd is. Maar klou sal ek klou.
Volharding leer my meer en meer dat ek nie ’n fout maak om God te vertrou nie. Ek leer om God te vertrou dat Hy ook hierdie swaarkry en probleem in my lewe op so na manier kan gebruik dat daar iets goeds daaruit kan voortvloei. Romeine 5 noem hierdie vertroue “egtheid van geloof.” Lees voort “dissipelskap – meer en meer soos jesus (2)”