dissipelskap – meer en meer soos jesus (1)

Ek gaan hierdie week elke dag ‘n gedeelte van my preek van Sondag “post.”

Inleiding.

Hierdie is die vierde week van 40 Dae van Doelgerigte Lewe. Die groot vraag waarmee ons besig is, is: Wat op aarde maak ek hier?

Tot op hierdie stadium:

Week 1: Hoekom het God my geskep? Sodat Hy my kan liefhê en ek vir ewig by Hom kan wees.

Week 2:  Eerste doel: Aanbidding: Geskep om aan God vreugde te verskaf.

Week 3:  Tweede doel: Koinonia: Geskep om deel te wees van die huisgesin van God.

Week 4: Derde doel: Dissipelskap: Geskep om meer en meer soos Jesus te word.

Hierdie week handel oor die derde doel van my lewe:

MY DERDE BESTAANSDOEL IS OM MEER EN MEER SOOS JESUS TE WORD

Dissipelskap.

Daar is min dinge so mooi en onweerstaanbaar soos ’n babatjie. Die geboorte van ’n babatjie bring dan gewoonlik ook in die hele familie en vriendekring ’n baie groot opgewondenheid. Gewoonlik probeer almal uitwerk na wie die kind lyk. Lyk hy die meeste na sy pa of sy ma of is daar dalk iets van sy oupa of ouma sigbaar.

Maar ’n babatjie bly nie ’n babatjie nie. ’n Babatjie word ’n peuter en ’n peuter word ’n kleuter en ’n kleuter word ’n kind en ’n kind word ’n tiener word ’n jong volwassene en volwassene. Al hierdie dinge is die natuurlike ontwikkeling van die lewe.

Daar is natuurlik die enkele kere wat dit nie gebeur nie. ’n Babatjie word gebore en die ontwikkeling en die groei is nie wat dit veronderstel is om te wees nie. Wanneer dit gebeur is dit uiters tragies.

Dissipelskap gaan oor die groei proses van die kind van God. Die groeiproses begin by weergeboorte en eindig waar die dissipels so volmaak en volwasse soos Christus is. Elke weergebore kind van God het Jesus se trekke. Lees voort “dissipelskap – meer en meer soos jesus (1)”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑