EK MOET GOD MET AL MY KRAG AANBID.
Die wesenlike van ons godsdiens is om ons lewens aan God te gee op ’n manier waarvan Hy hou. Ek gee my lewe aan God deur Hom lief te hê met my hele hart en my hele verstand en al my krag. Ek het die Here met my hele hart lief wanneer ek emosies van liefde teenoor Hom kan uitleef en uitspreek. Ek het God met my hele verstand lief wanneer ek hard daaraan werk om in elke gedagte wat ek dink aan Hom vreugde te bring.
Ek het God lief met al my krag wanneer ek elkeen van my vermoëns, vaardighede, talente, gawes, wat ek ook al het gebruik as deel van my aanbidding van God. God het vir elkeen van ons vermoëns, talente, vaardighede en gawes gegee waarmee ons Hom kan aanbid. By week 5 gaan ons lank stilstaan by die maniere waarop ek God met al my krag aanbid.
Vandag, hierdie belangrike gedagte: “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie.” (Kolossense 3:23) Lees voort “ek is hier om god te aanbid (5)”