ek is hier om god te aanbid (2)

God het elkeen van ons geskep met die behoefte om te aanbid. Dit is n behoefte wat n onrustigheid tot gevolg het wat net in God tot rus kan kom.

Nie eers my behoefte om God te aanbid kom van myself af nie. Hy het daardie behoefte in my ingebou. Aanbidding is om God meer lief te hê as enige iets anders. Om God lief te hê met my hele hart en my hele verstand en al my krag. Net soos die behoefte om Hom te aanbid nie iets is wat van my af kom nie, so hierdie liefde ook nie. Hy het sy liefde in my uitgestort.

Veronderstel ’n klein seuntjie wil vir sy pa ’n verjaarsdaggeskenk gee. Die heel eerste probleem, is natuurlik dat hy nie geld het om die verjaarsdaggeskenk mee te koop nie. Die tweede probleem is dat hy nie op sy eie by die winkel kan kom waar hy die verjaarsdaggeskenk kan koop nie. Hy kan dalk nog die verjaarsdaggeskenk toedraai, maar waarskynlik nie sonder sy ma nie. Maar, sy ma gee vir hom die geld as dit nie sy pa self is nie. Sy ma vat hom winkel toe om die geskenk te gaan koop. Sy ma help hom om by die toonbank te betaal. Maar, op sy verjaarsdag kom die seuntjie na sy pa toe en sê: “Ek het vir pappa ’n verjaarsdag geskenk gekoop.”

Hoe reageer die pa? Hy vra nie eers die vraag oor wat alles gebeur het nie. Hy maak net die geskenk oop en hy geniet dit en dan kry die seuntjie sommer nog ’n groot druk ook omdat hy so iets spesiaal vir sy pa gekoop het. Dit is ’n beeld van aanbidding. Ek gee vir God iets wat ek nie sonder Hom sou kon gee nie.

Kom ons dink nou nog ’n bietjie oor hierdie pa se verjaarsdag. Wanneer hierdie seuntjie vir die pa die geskenk gee, dan gee hy vir sy pa iets wat hy nie gehad het nie. Aanbidding is om vir God te gee wat Hy nie vir Homself kan gee nie. God het my gemaak sodat Hy my liefhê. God het my gemaak sodat Hy my kan geniet. God het my gemaak sodat ek vir Hom iets kan gee wat Hy andersins nie sou gehad het nie. Lees voort “ek is hier om god te aanbid (2)”

Blog at WordPress.com.

Up ↑