Jesus Christus alleen

Ek het nog altyd ’n ongemak of dan, ’n onrustigheid dat die kerk al hoe meer ’n boodskap verkondig wat neerkom op ’n “social gospel”.  Ek het al by herhaling gesê en in my preke genoem dat ek dink dat die kerk een tree te vêr gee. Met al die klem op die rol van die kerk in die gemeenskap ens., het ons die gemeente en dan selfs die individu mis getree. Somtyds was ek selfs van mening dat die kerk dink dat dit nie moontlik is om mense in ’n persoonlike verhouding met God te laat leef nie en daarom skuif die fokus van die individu en die gemeente na die gemeenskap.

Len Sweet en Frank Viola het ’n boek “The Jesus Manifesto” geskryf. Die boek is ’n uitvloeisel van ’n artikel met dieselfde titel wat hulle in 2009 gepubliseer het. Kortom kom dit daarop neer dat Jesus Christus nie meer die middelpunt van die kerk (verskoon die veralgemening) is nie. Hier kan jy ook n onderhoud lees wat met hulle gevoer is.

In die artikel verwoord hulle dit so:

“We believe that the major disease of the church today is JDD: Jesus Deficit Disorder. The person of Jesus is increasingly politically incorrect, and is being replaced by the language of “justice,” “the kingdom of God,” “values,” and “leadership principles.”

En ’n bietjie vêrder in dieselfde artikel:

“God is not so much about fixing things that have gone wrong in our lives as finding us in our brokenness and giving us Christ.”

Die uniekheid van die Christelike geloof lê in die feit dat Jesus sy volgelinge oproep om Hom te volg:

“Aristotle says to his disciples, “Follow my teachings.” Socrates says to his disciples, “Follow my teachings.” Buddha says to his disciples, “Follow my meditations.” Confucius says to his disciples, “Follow my sayings.” Muhammad says to his disciples, “Follow my noble pillars.” Jesus says to his disciples, “Follow me.” In all other religions, a follower can follow the teachings of its founder without having a relationship with that founder. Not so with Jesus Christ.”

Ek dink natuurlik ’n mens sal billikheidshalwe moet sê dat individue weer op hulle beurt so op ’n persoonlike verhouding met Jesus Christus gefokus het, dat hulle so besig was met die hemelse dat hulle vir niks op aarde goed is nie, maar die fout regverdig nie die regstelling om die verhouding met Christus van minder belang te maak nie.

Nog hierdie een aanhaling:

“To be truly missional, then, means constructing one’s life and ministry on Christ. He is both the heart and bloodstream of God’s plan. To miss this is to miss the plot; indeed, it is to miss everything.”

God het aan ons sy Heilige Gees gegee met die doel om Jesus Christus ’n werklikheid te maak in ons lewens. Ons is geroep om Jesus Christus as die inwonende Christus te aanbid. Vir my persoonlik moet alle aktiwiteit van die kerk in hierdie lewe daarop gefokus wees om mense in aanraking te bring met Christus wat ons in ons gebrokenheid ontmoet en aanvaar.

Ek wil saam met hulle stem en sê dat ek dink dat die saak (cause) van Christus belangriker geraak het as Christus self. Die saak van Christus is die herstel van die gemeenskap, Christus self is die herstel van die mens tot sy oorspronklike glorie.

“Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.” (Kolossense  1:27)

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: