Een van die moontlike leierskapstyle waarmee ’n gemeente van “blurriness” na “clarity” begelei sou kon word, is situasie leierskap.
Situasie leierskap beteken dat die leier aanpas by die situasie wanneer hy agterkom dat sy/haar leierskapstyl nie effektief is vir die bepaalde situasie waarin hy/sy homself bevind nie. Daar is verskillende aanpassings wat in so na situasie gemaak sou kon word:
Verander jou styl.Dit sou beteken dat die leier homself afvra wat die leierskapstyl is wat in hierdie situasie nodig is en dan daardie styl aanleer of gebruik. Hierdie styl kan dan dalk ’n sekondêre of selfs tersiêre styl wees.
Verander jou waardes. Dit sou waar’s ook beteken dat die leier van sy kernwaardes moet aanpas ten einde ’n effektiewe leier in die situasie te wees. In hierdie styl word daar dan gesoek na eie waardes en waardes van die gemeente wat dieselfde is en dan daardie waardes uitleef. Daar is natuurlik ook die opsie om met die waardes van die gemeente saam te leef terwyl hy probeer om die waardes van die gemeente te verander.
Leiers funksioneer die beste in situasies waar hulle in terme van hulle natuurlike en/of primêre leierskapstyl moet lei. Wanneer dit gebeur, kom die leierskapsvaardighede wat met daardie styl gepaard gaan, van nature en sonder veel inspanning na vore. In plaas daarvan om tyd te spandeer aan die aanleer en verbetering van ’n sekondêre styl kan tyd en energie gebruik word om die primêre leierskapstyl te verbeter.
So byvoorbeeld is daar leiers wat die vermoë sou hê om in ’n konflik situasie effektief te lei en sodoende die konflik te ontlont en die gemeente na ’n volgende vlak te lei. Ander leiers is op hulle beurt geheel en al oneffektief in ’n soortgelyk situasie en het dan ’n stryd om waarde toe te voeg tot die situasie.
Wanneer leiers gevra word om vanuit ’n sekondêre of selfs tersiêre styl te lei, is die kanse goed dat die “blurriness” nie genoegsaam “clarity” sal word sodat die gemeente haar volle potensiaal kan bereik nie.
Verander jou situasie. Wanneer ’n leier ontdek dat hy in ’n situasie is waar sy leierskapstyl nie meer effektief is nie, moet hy ernstig oorweeg om sy omgewing of konteks of situasie waarbinne hy homself bevind te verander.
Daar is die moontlikheid dat die leier as agent van verandering na vore kan tree indien dit na deeglike analise sou blyk dat die probleem by die bediening lê en nie by die leier nie. In so ’n geval sou die leier die volgende kon doen:
- Gebed. Bid vir die gemeente en motiveer die gemeente om vir die gemeente te bid.
- Geestelike vorming: Begelei die gemeente om ’n heilige lewenswandel na te jaag.
- Werk aan jou geloofwaardigheid as leier.
- Ontwikkel en implementeer ’n leierskapontwikkeling proses.
- Werk aan bedienings-kongruensie: Maak seker elke bediening en aktiwiteit funksioneer in ooreenstemming met die waardes, visie en missie van die gemeente.
In hierdie situasie sou ’n strategiese beplanningsproses van uiterste waarde wees. ’n Strategiese beplanningsproses kan ’n gemeente help om hulle waardes, visie en missie te ontdek en ’n strategie te implementeer om die visie en missie te realiseer.
Verlaat die situasie: Hierdie keuse behoort die leier se laaste keuse te wees. Dit beteken nie dat ’n leier elke keer sy situasie verlaat wanneer hy ontdek dat hy sukkel om in ’n bepaalde situasie te optimaal te funksioneer nie. In so ’n situasie behoort ’n leier die saak baie deeglik te oorweeg en na te dink oor die impak daarvan op sy eie lewe en op die gemeente. [i]
In The Contrarions Guide to Leadership, maak Steven Sample hierdie opmerking:
“Thus, every leader is locked in a moment-to-moment struggle with the context and circumstances of his own place and time, which raises the question of whether hê can ever truly hope te be the master of the struggle. This conundrum in turn causes us tot wonder whether leaders are the architects of history, or history is the architect of leaders.”
Sou hierdie leierskapstyl effektief kon wees?
Net toe ek nog tik, gaan die krag af. Ek probeer weer:
1. In ons gemeente word baie besluite geneem, maar niemand volg op dat die besluite uitgevoer word nie = gebrek aan leierskap.
2. Volgens my beskeie mening behoort die predikant die voorsitter van die Kerkraad te wees en nie ‘n ouderling nie. Ek het goeie redes hiervoor waarmee ek nie nou gaan handel nie, behalwe om te sê dat van die lektore op Tukkies my sienning deel.
3. In die opset van vandag is dit ook nodig dat ‘n gemeente soos Waverley “geestelike leiers” moet hê sowel as “adminsistaratiewe leiers”, wat nie noodwendig ‘n predikant moet wees nie, maar ‘n betaalde “Gemeente Bestuurder” wat omsien na die “dag tot dag” administrasie van die kerk.
4. Die “geestelike leiers” moet nie bemoei word met die dag tot dag administrasie nie, maar moet tyd gegun word om met “mense te werk”.
5 Besluitneming in ons gemeente is geen probleem nie – daar word by elke kerkraadsvergadering baie besluite geneem, maar die probleem is die monitering van die besluite. Wie volg op dat die besluite uitgevoer word?
Net ‘n paar praktiese gedagtes so uit die “kieste uit”.
Ek is so bly jy is weer terug, die huidige post oor Leierskap is interessant en beteken vir my baie, ek leer en luister aandagtig, want my honger vir groei is groot.
Ds ek was so lanklaas hier!! Gaan eers probeer opvang !!
Where is Waverly?