weer terug

Ek kan self amper nie glo dat ek weer hier begin skryf nie. Daar is verskillende redes waarom ek opgehou het om te skryf.

Een van die redes is dat ek in Augustus verlede jaar van Bergsig gemeente in Rustenburg na Waverley gemeente in Pretoria geskuif het. Die aanpassing was groter as wat ons gedink het. Die mense in Waverley is heeltemal anders as die mense in Rustenburg en ons is eintlik nog steeds besig om die mense te leer ken te verstaan.

Hierdie is ook die heel eerste keer dat ek en Renate geskuif het, en daarmee saam is dit natuurlik vir Renè ook die eerste keer. Alhoewel die hele gesin, Renè inkluis, saamgestem het dat dit die regte ding was vir ons om te skuif, was die aanpassing waarskynlik vir haar die heel moeilikste. Sy was in Graad 7 en haar boesem vriendin, van kleuterskooldae af, het in Rustenburg agter gebly. Op hierdie stadium gaan dit al stukke beter, maar sy en Carissa hou die vriendskap aan die gang.

Daarmee saam, het ek natuurlik geweldig baie beledigende en selfs haat-spraak opmerkings op van my skrywes gekry. Met die gevolg dat ek eers alle kommentare moes terughou vir goedkeuring. Ek hoop dat ek dit nou weer sal kan verander sodat kommentaar dadelik geplaas kan word.

Een van die ander redes waarom ek ophou skryf het, was omdat ek voel dat dit nie regtig sin maak om net so nou en dan te skryf nie, en daarom het ek eerder nie geskryf nie. Dit neem nogal baie tyd om te skryf omdat ek weer en weer teruggaan om seker te maak ek het reg geformuleer en as ek later weer lees dan sien ek dat ek dit nog steeds beter kon doen. Ek het nou maar besluit om liewers so nou en dan te skryf as glad nie en selfs meer as een dag aan n inskrywing te werk as om te probeer om die hele inskrywing op een dag klaar te maak.

Intussen is ek ook besig met verdere studies en dit neem ook n bietjie van my tyd in beslag. Die studies is vir my belangrik en interessant en belangrik en ek wil dit nie graag afskeep nie. EK gaan selfs so nou en dan ‘n inskrywing oor die studies maak en kyk of ek reaksie kry.

Maar nou ja, hier is ek. Ek gaan weer van tyd tot tyd skryf en kyk of ek op een of ander manier deel kan wees van ‘n debat.

Kommentaar is gesluit.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: