weer terug

Ek kan self amper nie glo dat ek weer hier begin skryf nie. Daar is verskillende redes waarom ek opgehou het om te skryf.

Een van die redes is dat ek in Augustus verlede jaar van Bergsig gemeente in Rustenburg na Waverley gemeente in Pretoria geskuif het. Die aanpassing was groter as wat ons gedink het. Die mense in Waverley is heeltemal anders as die mense in Rustenburg en ons is eintlik nog steeds besig om die mense te leer ken te verstaan.

Hierdie is ook die heel eerste keer dat ek en Renate geskuif het, en daarmee saam is dit natuurlik vir Renè ook die eerste keer. Alhoewel die hele gesin, Renè inkluis, saamgestem het dat dit die regte ding was vir ons om te skuif, was die aanpassing waarskynlik vir haar die heel moeilikste. Sy was in Graad 7 en haar boesem vriendin, van kleuterskooldae af, het in Rustenburg agter gebly. Op hierdie stadium gaan dit al stukke beter, maar sy en Carissa hou die vriendskap aan die gang.

Daarmee saam, het ek natuurlik geweldig baie beledigende en selfs haat-spraak opmerkings op van my skrywes gekry. Lees voort “weer terug”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑