naby – beleef god se nabyheid

Sonder nabyheid, kan daar nie aanbidding wees nie. Onder nabyheid verstaan ek ‘n bewus wees van die teenwoordigheid van God wat ‘n mens met verwagting, vreugde, hoop en vrede vul.In so ‘n mate dat jy dit weer en weer wil beleef. Aanbidding is interaksie met God: EK praat en Hy luister. Hy praat en ek luister.

Alhoewel God alomteenwoordig is en die ganse skepping ons herinner aan sy bestaan en dat Hy die Skepper is, het ons as mense die vermoë aangeleer om Hom uit te sluit uit ons lewens uit. Ons leef met oogklappe asof God nie teenwoordig is nie.

Jesus het aan sy dissipels belowe dat waar twee of drie in sy Naam saam is, daar is Hy ook. (Mt. 18:20) Maar, dit lyk asof Jesus Homself weerspreek wanneer Hy later in Matteus sê dat Hy by die dissipels is tot aan die einde van die wêreld (Mt. 28:20). Die een keer is dit ‘n voorwaardelike nabyheid en die ander keer ‘n onvoorwaardelike teenwoordigheid. Die twee gedeeltes verwys na twee verskille manier van “daar” wees. 

La Mar Boschman noem die eerste nabyheid “The revealed presence of God… an unusual revelation of God’s essence in a certain location.”, terwyyl die tweede verwys na alomteenwoordigheid as een van die eienskappe van God. Ander verwys na die eerste as “God’s Manifest Presence.” Die betekenis is dat God tydens aanbidding in ‘n erediens ons oogklappe afhaal en ons ‘n buitengewone, asemrowende blik gee op sy baie besondere heerlikheid. Moses sou daarna verwys as ‘n Tabernakel belewenis van God se teenwoordigheid.

In gesprekke met enige kind van God, is hierdie belewenis van God se teenwoordigheid iets waarna elkeen verlang. Saam met die belewenis van God se teenwoordigheid, kom daar ook die seëninge van God. (Hosea 6:3) , krag om te verander (2 Kor. 3:17-18), bevryding (Psalm 97:3), troos (Jesaja 51:12), vreugde en blydskap (Psalm 16:11) en vrede (Jesaja 9:6). Dit is nie toevallig dat hierdie juis die dinge is waarna die wêreld smag nie.

Marty Nystrom is ‘n lofleier wat dwarsoor die VSA werkswinkels oor lof en aanbidding aanbied. Hy vertel hoe hy met verskillende mense praat en hoe hy hoor dat hulle sê dat hulle eredienste bygwoon, maar dat hulle nie dink dat dit iets is wat vir hulle belangrik sal wees nie. Dan sê hy: “But, I’ve never had anybody look me in the eye and say, ‘You know, I’ve experienced the the presence of God, and quite honestly, I don’t want it. Because people who experience the presence, the real presence of God are changed … They want more of Him.”

In sy boek “Missing the Presence of God.”, maak RC Sproul hierdie opmerking: “Worship is in absolute crisis … people do not sense the presence of God. We’ve done everything in our power to make people comfortable, but we feel cut off from the heavenly place.”

God is as alomteenwoordige God teenwoordig in elke erediens – sonder uitsondering. Maar God se teenwoordigheid word beleef waar die gebeure in die erediens baie meer is as ‘n program wat deurgewerk moet word. God se teenwoordigheid word beleef waar God se kinders Hom in gees en in waarheid aanbid. God se teenwoordigheid kan nie bewerk word of gemaniupuleer word deur sekere dinge te doen nie. God se teenwoordigheid word beleef waar mense in alle opregtheid terugstaan sodat God God kan wees.

Die belewenis van die teenwoordigheid van God, is so ‘n rare verskynsel, dat mense nie meer weet dat hulle dit sou kon beleef en daarna kan smag nie en daarom mis hulle dit nie. Die nabyheidvan God gebeur waar mense hoe langer hoe meer op die agtergrond skuif en toelaat dat God se nabyheid nie deur of as gevolg van mense beleef word nie, maar juis ten spyte van mense word wonderwerkende nabyheid  van God ‘n werklikheid. Oogklappe word afgehaal en ‘n sondaar mens beleef die nabyheid van God. Heeltemal onverdiend ontdek en ontmoet ‘n mens vir God.

“In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste some van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg.

Die serafs het mekaar telkens toegeroep: ‘Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige. Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.’ Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. Toe het ek uitgeroep: ‘Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onreinn en ek woon onder ‘n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.’

Een van die serafs het toe ‘n gloeiende kool met ‘n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: ‘Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.’

Toe het ek die Here hoor vra:

Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?’

Ek het geantwoord : ‘Hier is ek! Stuur my!'” (Jesaja 6:1-8)

Die belewenis van God se nabyheid het so skaars geraak dat ons dit teologies weg verklaar het.

Advertisements

3 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

3 responses to “naby – beleef god se nabyheid

  1. Ekke

    Goeie inskrywing.

  2. Wes

    Attie,

    Ek hou hiervan.

  3. Mis jou inskrywings! Hoop daar is gou weer lewe hier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s