erediens – naby aan God

Indien gemeentes eredienste wil hou wat mense “eerste keer komeers” weer sal laat kom en lidmate opgewonde sal maak om weer en weer te kom, moet dit eredienste wees waarna mense nie kan wag om by te woon nie en waar dinge regtig gebeur. Wat het ons nodig om dinge regtig in ‘n erediens te laat gebeur?

Eredienste wat die moeite werd is om na toe terug te kom, is eredienste waar ‘n dinamiese verhouding met God waargeneem en beleef word.

“Dinamies” beskryf die verhouding wat ons met die mees besondere mense in ons lewens het. Hierdie verhoudings kan met tye selfs frustrasie, seer en irritasie bevat. Maar, ten spyte daarvan, is dit die verhoudings waar dinge gewoonlik gebeur. Sulke verhoudings is nooit vervelig of staties nie.

Dink aan die persoon aan wie jy die mees intieme en beste verhouding het. Dalk is dit ‘n goeie vriend. Vir getroudes is dit meestal hulle lewensmaats. Of jy dit besef of nie, as jy die verhouding in stand wil hou, is daar ten minste vier veresites: Nabyheid; kennis; broosheid; interaksie.

‘n Kort beskrywing van elkeen van hierdie:

Nabyheid: Ons bring tyd in mekaar se geselskap deur.

Kennis: Ek leer die ander persoon ken en sien wat maak hom/haar anders en uniek as enige ander persoon.

Broosheid: Ek loop die risiko om verwerp te word en laat toe dat ek geken word soos niemand anders my ken nie.

Interaksie: Ek bly op ‘n deurlopende em volhoubare wyse betrokke by die persoon by wyse van dit wat ek sê en doen en gebruik ‘n taal wat beide van ons kan verstaan.

Sonder hierdie vier elemente sal ek waarskynlik baie oppervlakkige indien enige verhouding(s) hê. As ek ‘n dinamiese en bevredigende verhouding met God wil hê, sal hierdie vier elemente ook in ons verhouding teenwoordig moet wees. Hierdie vier elemente is onmisbaar in elkeen van ons se persoonlike aanbidding van God, maar viorm ook die basis vir ‘n effektiewe aanbiddingsbelewenis in ‘n erediens. Nabyheid, kennis, broosheid en interaksie is die verhoudings “bestanddele” wat die grondslag vorm vir enige aanbiddingsgeleentheid tydens ‘n erediens waar die aanbidding as eg beleef word. Aanbidding van hierdie aard is nie net ‘n getuienis vir “eerste-keer-kommers” nie, maar ook ‘n aanbidding wat genesing in die liggaam van Christus bewerk en die gemeente opbou.

Elke erediensganger het die verantwoordelikheid om sy/haar persoonlike verhouding met God so te bedryf en in stand te hou dat sy/haar teenwoordigheid in die erediens daartoe bydra dat die wonderlike teenwoordigheid van God waarneembaar is.

Volgende keer: Hoe word ek God se vriend.

Advertisements

4 Kommentaar

Filed under Die Christelike Lewe

4 responses to “erediens – naby aan God

  1. Zohn

    Hoe naby aan God wil ek wees? Dis die vraag wat onwillekeurig by my opkom. Die intensiteit waarmee ek Hom beleef gaan sekerlik bepaal hoe ek met Hom wil omgaan en ervaar. Al te dikwels besef ek dis ek, myself en die res van die wêreld. “Here, ek sal U roep sodra ek u nodig het”. Maak my Sondae dan die verskil want ek “sonder myself tog af” vir die Here? Kerk toe, erediens, dis die antwoord! Dit is tog immers die plek waar ek gedwonge myself kan stilmaak vir 45 minute, dis mos my keuse om my so te verootmoedig – my aan Hom te wy, ongehinderd saam met die ander – ons doen dit dan al die jare reeds so.. Dan is daar die tee, ja, dan kan ek by my favourite gemeentlede staan en rugby praat, dan gaan ons gou Pick & Pay toe vir die slaai, Sondae is mos braai!! – o ja, die koerant – net gou sien of my rugby-talk vroeër vanmôre enige sin maak.
    Waar is God in al hierdie gejaag? seker nog by “die kerk”! Sien U weer volgende Sondag..
    Sinies? o ja, baie sinies of is dit net ek?
    Ag Here, leer my om die seer te sien in die koerantverkoper se oë, die nood in die vrou by Pick & Pay, die behoefte na liefde en begrip van my broer wat sy werk verloor het, open die oë van my hart Heer, giet U liefde uit in my Heer – ja, laat dit oorloop na hulle wat U nie ken nie, en hulle wat sê hulle doen. Bring my terug na die erediens van my hart Heer.
    Attie, die vier vereistes roep my inderdaad tot besinning, dit is waaroor dit gaan, waaroor dit behoort te gaan, en daar diep in die middel is ons liefdevolle God. Mag hierdie liefde wat Hy deur Sy Gees diep in ons geplant het, tot uiting en dankbare waardering in ons aanbidding vloei, ook in die erediens.

  2. Wes

    Eendag na ‘n minder “goeie preek” vra ek my oorlede pa of dit regtig nodig is om kerk toe te gaan. Ons kan mos ‘n goeie gepaste kasset kies van ons eie keuse, eie onderwerp en eie Dominee en daarna luister. Sy antwoord was: Jy slaan die bal mis. Ons moet kerk toe gaan en wel vir die volgene redes:(1)Omdat daar in die Woord staan dat ons nie ons “onderlinge byeenkomste moet afskeep nie”; (2) om kerk toe te gaan is nie net om na ‘n preek te luister nie – dit is baie meer as dit. Dit is om saam met ander gelowiges God te loof en prys met sang en gebed; God te aanbid saam met ander gelowiges. Stil te raak voor God en Sy teenwoordigheid te soek, saam met ander gelowiges. Jou offergawes kerk toe te bring en saam met mede gelowigis “te verkeer”. As jy in die proses nog ‘n goeie preek hoor, is dit ‘n bonus. Iets om nogal oor te dink,nê?

  3. Bertus!

    Mense moenie te hard probeer om jou te verwelkom nie. My alie se deksel is as jy in ‘n kerk kom sit en die predikant sê alle nuwelinge moet opstaan en hulself bekendstaan – ek skaam my dood en daai kerk sien my nie weer nie. Dit het darem nog net een keer met my gebeur, by die Presbiteriane.
    Maar ds. Attie, die een keer wat ek wel by jou ingeloer het, het ek dit baie geniet. Dit was vir my net reg en ek hoop julle hou dit so. Lekker, klassieke oggenddiens.

  4. Bertus!

    AAAG TOG. Die laaste deel van my eerste sin moet lees: “alle nuwelinge moet opstaan en hulself bekendstel”.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s