nog eens storm in die kerk rondom saambly

Feitlik almal wat gister kommentaar gelewer het het daarop gewys dat hierdie ‘n baie sensitiewe “issue” is. Aan die eenkant loop die kerk die risiko om bestaande lidmate te verloor omdat die beginsels van die Woord afgewater word en dat dinge wat voorheen sonde (verkeerd) was, nou nie meer sonde(reg)  is nie.

Maar daar is ook aan die anderkant die wat reeds van die kerk vervreem is onder andere omdat daar ‘n ongenaakbare gesindheid en houding teenoor die hele kwessie van saamwoon is, die kerk loop dus ook die risiko loop om sulke mense finaal van die kerk te vervreem.

Ek voel natuurlik ook in ‘n groot mate dat hier gekrap word waar dit nie juk nie. Lees voort “nog eens storm in die kerk rondom saambly”

storm in kerk oor saambly

Die NG Kerk het weereens die voorblad van Rapport gehaal.

Die eerste parragraaf in die artikel lees so:

“’n Storm dreig in die NG Kerk oor saamwonery.

Dié kerkverband kan binne die volgende twee maande ’n nuwe voorstelbeleid oor saamwonery hê – iets wat tradisioneel onomwonde as sonde afgewys is.”

Die voorblad van die laaste Kerkbode handel ook oor hierdie saak:

“Die NG Kerk is gevra om ‘n grondige en spoedige studie te doen oor saamblyverhoudings tussen mense wat nie getroud is nie.Die hoof van die Universiteit Stellenbosch se kantoor vir Moraliteit en Morele leierskap, dr Chris Jones, sê so ondersoek is noodsaaklik. Die tradisionele hantering van die Skrif hieroor asook baie persone se afkeurende ingesteldheid van alle saamwoon-verhoudings, is volgens hom doodgewoon nie meer bevredigend nie en lei tot allerlei skuldlaste.”

Uit die aard van die saak het die briewekolom van Rapport oor hierdie saak gegons: Lees voort “storm in kerk oor saambly”

is verandering ‘n modewoord

Die woord “verandering” word sonder ophou gehoor. In die alledaagse lewe aanvaar almal dat verandering nie een net een of ander tyd gaan kom nie, maar aanhoudend besig is om te gebeur. Ons leef in ‘n kultuur van verandering, indien besighede organisasies nie vir hierdie betrokke kultuur kans sien nie, het hulle geen impak op hulle kliënte of lede nie.

As alles rondom ons verander en die onophoudelike verandering dan maak dat ons in ‘n sekere mate onseker lewe, is dit regtig nodig dat die kerk deur die kultuur  van verandering opgeneem word?

Kan die kerk dan nie maar die een plek wees waar mense veilig kan voel en dinge so ‘n klein bietjie stadiger kan verander sodat ons mense eers daaraan gewoond kan raak nie?

Het die woord “verandering” nie dalk in die kerk ‘n woord geword wat gebruik word om dinge aanhoudend op ‘n ander manier te doen en nuwe gebruike en werskwyses in te bring ten koste van die oue nie?

Vir my lê die antwoord in dit wat oor die laaste jare (Ek dink 30 jaar) gebeur het wat die omstandighede waarin ons vandag lewe anders maak as wat dit vroeër was.

Ek was in die 70ger jare in Swartruggens, in die destydse Wes Transvaal, op skool. Op daardie stadium was daar hoogstens 3 persone in die gemeenskap wat ‘n naskoolse kwalifikasie gehad het: Die onderwyser, die dokter en die dominee.

Intussen het dinge verander. In elke gemeente sit daar mense met kwalifikasies wat die van die dominee of die leraar by verre oortref. Lees voort “is verandering ‘n modewoord”

raad vir ‘n huwelikspaartjie wat gaan trou

‘n Verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou is bedoel om as een van die mooiste verhoudings en een van die kosbaarste “iets” in jou lewe te wees. Die teendeel is ook waar, die verhouding tussen ‘n man en ‘n vrou kan ‘n leewenslange pyniging wees. En dan natuurlik is daar enige iets tussenin.

Ek kan vandag nog die dag onthou toe ek my vrou die eerste keer gesien het en wat alles daardie dag en daardie oomblik deur my kop gegaan het.Oor haar wil ek sê soos Nick in die rolprent “The Wedding Date”. “I would have missed you, even iif I never met you.”

Ek dink nie ons doen alles soos die boek sê nie, maar ons is gelukkig en ons maak mekaar gelukkig en ons kom deur baie moeilike tye wat ander se verhoudings gesink het. Maar, ons is gelukkig. Weereens soos Nick dit sê: “I would rather fight with you than make love to anybody else in the world.” (Ja, ok, ek het gisteraand die erg voorspelbare fliek gekyk en sal hom waarskynlik net onthou vir die twee sinne.)

Vroeër in die jaar het ek huisbesoek gedoen by twee jongmense. Die aand was vir my en ook vir die twee mense ‘n verrasing, want sonder dat enige een van ons dit bedoel het, het ons by ‘n stukkie hartseer in hulle lewens uitgekom. Lees voort “raad vir ‘n huwelikspaartjie wat gaan trou”

konflik in ons lewens

Konflik het die potensiaal om ons te maak of te breek, maar as ons kan leer om konflik reg te hanteer, kan dit ‘n wonderlike instrument in de Here se hand word waarmee Hy ons vorm.

Konflik het sy oorsprong in kritiek. Iemand stem nie saam met hoe ek ‘n ding doen of hoe ek dink, ens. nie en dan sê hy/sy dit. Op hierdie verskille, of kritiek reageer ons dan en ons reaksie daarop kan konflik tot gevolg hê, of nie. Soms is die konflik geregeverdig, ander keer heeltemal onnodig.

Konflik kan ‘n instrument in die hand van die Here wees waarop Hy ons vorm. In sy boek “A Word of heart: Understanding how God shapes spiritual leaders.” gee Reggie McNeal ‘n paar wenke oor hoe konflik of dan kritiek  hanteer kan word sodat ons daardeur gevorm kan word.

‘n Samevatting van wat hy sê is:

1. Aanvaar dat daar konflik gaan wees en dat jy gekritiseer gaan word.

Christene is veral verras om te hoor dat hulle moet aanvaar dat daar konflik met ander mense en tussen Christene en selfs in die kerk gaan wees. Is Christene dan nie veronderstel om so in vrede met mekaar saam te lewe dat daar nooit konflik sal wees nie?

Die realiteit is dat daar konflik gaan wees, kom wat wil. Wanneer ons aanvaar dat konflik ‘n wesenlike deel van ons lewe en ook van die kerk is, het ons klaar begin om deur die konflik gevorm te word. Ons kan nie sommer net alle kritiek van ons laat afrol en dit wegwys asof dit sommer net niks is nie, ons moet kritiek hanteer, iets sinvols daarmee doen.

2. “Pick your Fights.”

Kom ons stel dit so: “Choose the hill you are willing to die on.” Nie alle konflikte is die moeite werd om aangepak te word nie. Sommige gevegte verdien eintlik nie eers ons aandag nie. Dit is die tipe kritiek waarop ek my rug draai en ignoreer, dit verdien nie eens my aandag nie.

3. Ondersoek jou kritici. Lees voort “konflik in ons lewens”

ons ysberg smelt

John Kotter en Holger Rathgeber het ‘n boekie geskryf met die titel “Our Iceberg is Melting”.

Johan Pienaar, die moderator van die Noordelike Sinode (Net om te wys ek ken ook ouens in hoë plekke) het hierdie boekie vir almal gegee wat op die projekspan gedien het wat die vorige Sinode beplan het.

Die aanhaling op hulle webblad verduidelik eintlik waaroor dit gaan:

“We believe strongly that the world needs much more action from a broader range of people—action that is informed, committed, and inspired—to help us all in an era of increasing change.”
Die boek gaan oor ‘n trop pikkewyne wat baie rustig op hulle ysberg gewoon en gelewe het. Daar was egter een van die pikkewyne wat die hele tyd die see dopgehou het en dikwels selfs onder die ysberg ingeswem het om ‘n evaluasie te maak van wat regtig aan die gang was. Lees voort “ons ysberg smelt”

kerkmusiek

Vandag gaan dit oor musiek in die kerk en in die erediens.

Ek het in 1987 my bediening in die NG Kerk begin en toe was daar reeds ‘n reuse stryd oor musiek.

Net die orrel of ander instrumente ook?

Net die Psalm en Gesangeboek of die Rooiboekie en die Groenboekie en Sing Onder Mekaar ook? Op daardie stadium was daar nog nie elektroniese borde nie, so mense moes vier boekies saamdra as hulle in die erediens wil sing.

Nou is dit 20 jaar later en genadiglik is die stryd met betrekking tot verskillende liedere en verskillende instrumente en verskillende style in ‘n groot mate reeds verby en uitgesorteer en orreliste en “bands” en tradisioneel en kontemporêr het mekaar gevind en leef hulle met groot gemak en respek vir mekaar saam tot eer van die Here.

Maar dan is daar ook die enkele gemeentes waar hierdie stryd (oorlog???) nog in al sy vernietigende intensiteit voortgaan.  Lees voort “kerkmusiek”

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑