Sportmanne leef met die gevaar van uitbranding. Hulle kan bv. te veel rugby speel en dan kan hulle insluting in die span tot nadeel wees omdat hulle nie op volle potensiaal speel nie. Indien die kwessie van uitbranding nie reg bestuur word nie, kan dit ook tot nadeel van die speler wees omdat hy op grond van sy spelpeil sy plek in die span kan verloor omdat daar spelers is wat nie noodwendig ‘n beter speler is nie, maar wat beter spel sal lewer as ‘n baie goeie, maar uitgebrande speler.
Ek wonder of die saak van uitbranding iets te make het die Sabbatsbeginsel.
Die rusdag is deur God ingestel:
“Op die sewende dag was God reeds klaar met die skeppingswerk en het Hy gerus na al die werk wat Hy gedoen het. Hy het al die sewende dag as gereelde rusdag geheilig, want op daardie dag het Hy gerus na al die skeppingswerk wat Hy gedoen het.” (Genesis 2:2-3)
Die rusdag is deur God gebied:
” Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en die aarde en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig.” (Eksodus 20:8-11)
Hierdie gebod is deel van die “liefde vir God” gedeelte van die wet. Met ander woorde gehoorsaamheid aan hierdie gebod is ‘n uitdrukking van jou liefde vir God.
Jesus het ‘n standpunt gehad oor die Sabbat:
“Die sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die sabbatdag nie. Daarom is die Seun van die mens Here, ook oor die sabbat.” (Markus 2:27-28)
Jesus het nie die Sabbatsbeginself opgehef nie, maar net daarop gewys dat die Fariseërs dit verkeerd verstaan het.
Wat was God se bedoeling met die Sabbat? Ek dink nie ‘n mens moet ‘n gesprek voer oor of dit dan nou Saterdag of Sondag moet wees nie. Wat ek in hierdie paar tekste raaksien, is dat die beginsel van rus deur God daargestel is.
‘n Paar meer kontemporêre skrywers en teoloë het hieroor geskryf:
Solitude, Sabbath, and Silence: Resting in the presence of God, without work or speech, so one becomes more aware of the companionship, grace and love of God than ons has been of the compannionship, demands, and duties associated with other people. (Brian Mclaren, Finding our way again.)
Sabbath rest is a two-way channel. For those who labour and are weary, sabbath keeping is an island of repose amid a sea of daily stress and grinding strain. But the embodiment of sabatth-keeping also creates a place for God to find a “resting place” among God’s people (2 Kron. 6:41; Jes. 66:1) Sabbath keeping prepares a nesting place for Shekinah, the presence of the Life-Giving, Life-Saving, Life-Sustaining God. (Leonard Sweet, Aqua Church 2.0. Piloting Your Church in Today’s Fluid Culture)
Hoe behoort ons as Christene oor die beginsel van Sabbat te dink en wat sou praktiese implikasies daarvan in ons lewens wees?
Ek onthou dat ek op ‘n keer hieroor gepreek het en tot die gevolgtrekking gekom het dat nie die mens nie, maar die sjabbat die kroon op die skepping was. Om een dag uit sewe af te sonder waarop ek nie voortgaan met my daaglikse taak nie, is ‘n belydenis dat ek glo dat die Here vir my sal sorg en dat my voorspoed nie daarvan afhanklik is uitsluitlik van hoe hard ek werk nie. Ek dink ons voorouers het ‘n verkeerde siening van die Sondag aan ons oorgedra, maar ek dink ook die meer moderne siening dat Sondag niks anders is as ‘n gewone dag nie, is eweneens verkeerd.
Ek stem saam met die rus-beginsel. Baie van God se riglyne vir mense is bloot baie prakties. God het ‘n rusdag ingestel omdat Hy dalk heeltemal bewus is van die feit dat mense nie 7 dae lank kan werk nie en ook rus nodig het. Nog ‘n geval waar die Skepper heel duidelik weet wat goed is vir die mens. Dit maak heeltemal sin. Oor die sabbat – ek glo mens moet elke dag na aan God probeer lewe en tyd maak vir Hom. In ‘n sin is elke dag ‘n sabbat vir Christene. Mens kan miskien spesifieke tye of dae vir God afsonder, maar dit hoef nie noodwendig Sondag te wees nie. Die kruks van die saak vir my is: 1) God wil he jy moet ook rus en 2) God wil spesiale tyd van jou he net vir Hom. Ek mens moet hierdie beginsels behou, of mens nou Sondae afsonder of nie.
BiB: gee bietjie voorbeelde van spesifieke tye wat ‘n mens vir God kan afsonder. Ek gaan more ietsie skryf daaroor, maar ek is eers nuukierig om te hoor wat se ander.
Ek dink mens kan mens se program reel om spesifieke tye aan God te wy, of dit nou ‘n oggend, middag of aand of ‘n hele dag is. Ekself het dit nog nooit gedoen nie, maar ek is bewus van mense wat spesifieke dae vas en nie noodwendig ‘n Sondag nie. Vir baie mense werk ‘n Sondag miskien agv hulle werk, maar andere kan enige tyd vir die Here inruim. Hang ook maar van mens se selfdissipline af.
Attie: Die ritme van werk-rus kom, soos ons almal weet, by alle godsdienste voor en selfs mense wat hulle nie aan enige godsdiens verbind gebruik dit in hulle lewe as ‘n praktiese manier om hulle self te vind. Persoonlik ondervind ons dit almal, dat jy tyd nodig het om tot jouself te kom, introspeksie te hou en weer energie te vind in nuwe visies.
Die waarde hiervan word liederlik onderskat. Die kern van die eerste skpeppingsverhaal (teen die agtergrond van die twee verhale in Genesis, wat in die Babiloniese tyd ontstaan het) vertel ons waar die “Sabbatdag” vandaan kom en die belangrikheid daarvan in God se skeppingsorde. Maar ek dink die beginsel kan verder gevat word in die lig van ander wysheidsliteratuur (bv. Spreuke, Prediker) dat spesifieke tyd nie noodwendig net vir godsdienstige sake gemaak moet word nie, maar ook vir gesins-, huwelikslewe en vir jouself.
In ons vriendekring het ons al pa-seun-naweke gereël wat uistekend was vir ons verhouding met ons seuns – die roetiene hantering van verhoudinge is dodend, soos elke dag se werk. Om alleen met jou vrou, of ‘n kind weg te gaan is ook uitstekend. Maar seker die belangrikste is om net alleen vir ‘n paar dae weg te gaan en te fokus op jouself (introspeksie) en waarheen jy met jou lewe oppad is – dit is werklik vernuwend vir die gees en liggaam. Die groot geheim, wat vir ons werk, dit moet “stilte” en “niksdoen” insluit.
Dit is nie altyd prakties haalbaar om vir maande op ‘n reis te gaan, soos party mense maak nie. Groot voorstander van “Sabbatsrus” – dit werk!!!
Ek glo ons moet rus,net soos God ook gerus het.Vraag is,is die rusdag (Sodag)dan nou die Sabbatsdag van die Bybel?As dit nie is nie,is dit mos nie geheilig as Rusdag nie.Dan is alles mos ‘n tydsverkwissing,’n tradisie.Sondag is in elk geval die naam van ‘n paganistiese god van die heidene wat die songod aanbid het,nog steeds vandag ook.So is elke dag van die week se name.
Eerbied ons nog die Sabbat van die Bybel,of eerbied ons net ‘n dag om te rus?God se woord se uitdruklik dat die dag gemmak is vir mense,nie die mense vir die dag nie.So,die dag is nie ;n afgod nie,maar wel ‘n dag om op te rus.Bietjie verwarrend……………
Bib en Blikoor: Ek verstaan ook dat Sabbat meer met ‘n beginsel te make het as met ‘n spesifieke dag.Ons moet bepaalde ritme in ons lewens inbou wat nie net gedissiplineerde ritme moet wees nie, maar daar ook spontane oomblike van “sabbat” wees. Leonard Sweet vertel bv. dat hy sommer net skielik besluit het om ‘n kilometer na sy vrou se werk toe te stap terwyl hy in sy gedagtes besig bly met dit wat hy deur die loop van die dag in sy voorbereiding ontdek het. Dit is ook sabbatsrus. Ek gaan ‘n werkstukkie skryf hieroor dan sal ek dit hier plaas sodat mense ditkan aflaai.
Is dit nie snaaks hoe mense Sondae verkies om eerder in die winkels te gaan rondloop, ander planne te maak wat kerk toe gaan nie insluit nie? Het die mens dan nou nie meer GOD nodig nie? Ek self is skuldig! Maar ek praat met GOD elke dag!! Nie net wanneer ek onthou ek moet seker bid vir die of vir daai, nee ek praat met GOD! Mag elkeen hierdie jaar GOD se liefde ervaar in alles wat hy of sy doen. Voorspoedige nuwe jaar.
Attie, weet jy wat dit is wat die kerk laat besluit het dat die vierde gebod vir alle praktiese doeleindes nie meer geld nie? Ek dink daar was ‘n debat daaroor een of ander tyd, maar ek weet nie hoe dit verloop het nie. Toe ek klein was, mag ons nie huiswerk gedoen het op ‘n Sondag nie, maar nou doen almal net wat hulle wil. Ek sien die NG Kerk Moreletapark het selfs mense aan hul kerkgebou laat bou op ‘n Sondag.
(Ons mag ook nooit kaart gespeel het op ‘n Sondagmiddag nie, don’t know why.)