enb gee net studiehulp aan swartes

ENB het verlede week aangekondig dat hulle studiehulp beskikbaar gaan stel vir hulle werknemers wat minder as R100 000.00 per jaar verdien. Op die oog af ‘n baie lofwaardige saak, totdat die nadere besonderhede bekend raak en dit vir almal bedoel is, behalwe blankes. Die reaksie is op hierdie stadium redelik ernstig en volgens die briewe kolomme in die koerante, is daar ‘n hele paar van ENB se kliënte wat hulle rekenings na ander banke gaan skuif.

Meeste van ons weet hoe ANC in die struggle jare op so iets sou reageer indien die situasie omgekeer was en enige iets eksklusief vir blankes was. In die eerste plek sou hulle natuurlik ook hulle steun in enige vorm van die organisasie onttrek het en gemobiliseer het om soveel mense as moontlik sover te kry om dieslefde te doen.

In die tweede plek sou hulle vir internasionale sanksies gevra het.

En in die derde plek sou hulle strate toe gegaan het met betogings wat baie dikwels in geweld en die vernietiging van eiendom gepaard gegaan het.

In die vierdie plek sou daar verskillende vorme van intimidasie gewees het, wat dikwels met geweld gepaard gegaan het en selfs mense se dood, indien anders swartes nie boikotaksie steun nie. Wie kan ooit die “necklace” gebruik vergeet?

In vandag se Beeld is daar ‘n artikel wat vra of ons met historiese wraak te make het. ENB meld dat hulle regsadvies gaan inwin of hulle wel blanke werknemers ook kan help en of sodanige hulp nie dalk teenstrydig sou wees met die regering se Sawrt Ekonomiese Bematiging beleid nie. Kan jy dit glo?

Is hierdie ‘n vorm van diskriminasie, of is dit ‘n geregverdige manier om Swartes te bemagtig wat voorheen benadeel is?

Wat behoort die blanke bevolking in Suid Afrika se reaksie op hierdie gebeure te wees?

Wat sou jy dink behoort die NG Kerk  se reaksie op hierdie gebeure te wees?

8 thoughts on “enb gee net studiehulp aan swartes

Add yours

  1. Wel, ek weet nie hoe lyk die aansoekvorm nie, so ek kan nie duidelik se nie.
    Ek verneem wel dat hulle uitdruklik gese het “swart, indier of bruin”. As dit nie deel was nie, sou ek gedink het dat dit regverdigbaar kan wees (dus dat enigiemand onder R100 000 verdienste kon aansoek doen.

    Ek dink dit is rassisme, en baie onregverdig.
    Ek dink dit was Aartsbiskop Desmond Tutu wat iewers in die jaar iets gese het in die lyn van… Swart bemagtiging is goed en wel, maar as sy kinders moet voordeel kry daaruit puurlik omdat hulle swart is, is dit onregverdig. Sy kinders kom nie, volgens hom, uit ‘n voorheen benadeelde huis uit nie. Hy se dat hy en sy ouers goed geleerd is, en dat hulle finansieel gewys en selfs geleenthede gewys geen benadeeldes is nie! dus kan sy kinders nie voordeel daaruit trek nie.

    Ek dink dieselfde kan seker in die geval gese word. Daar is immers ook wit werknemers wat finansieel sukkel, en wat ook nie voorheen bevoordeel is nie, ten spyte daarvan dat hulle dalk iewers tot in matriek geswot het, of wat ookal… Dus moet hulle ook voordeel kan kry uit moontlike beurse…

    Ek wonder of daardie ander politikus van die een jeugliga nie dalk sy wit ondersteuners wil aanmoedig om ENB te boikot nie… (Grappie!!)

    Ek is in elk geval nie by ENB nie, so ek sal hulle nie kan boikot nie.

    ENB is seker ‘n besigheid, so die meeste wat die NG Kerk kan doen, is om met die bestuur te gesels en te hoor of hulle nie die voorwaardes vir die beurse wil verander nie.

    Ek weet net… Jesus se ons moet ‘n verskil maak. En elke keer wat Hy so se, praat Hy nie van boikotte en betogings nie, maar van dinge soos suurdeeg en lig en sout en so aan…

    Wel, dis maar net my opinie…

    Lekker dag verder…
    En geniet die laaste ure van 2009…

    Freddie

  2. Ek dink ook dis verkeerd en leerlinge wat gehelp kan word moet gehelp word ondanks watter kriteria gebruik word. Hoe ons dit hanteer sal van persoon tot persoon afhang. Ek weet nie of die onttrekking van “gewone” salaristrekkers se geld ‘n verskil vir hulle gaan maak nie. Wat ek wel voel is dat die kerk maar liewers nie by enige politiek betrokke moet wees nie. Indien die kerk wil help en ‘n se he, sal kniewerk en bid vir die regte oplossing en hantering van die saak hulle hulp wees.

  3. Ek sien Solidariteit het reeds hierdie saak opgeneem. Dis maar net nog ‘n stuk diskriminasie en regtig niks nuuts nie. Daar word op vele vlakke teen Euro-Afrikane gediskrimineer, maar hierdie het nou die media se aandag getrek, miskien oor die blantante bewoording? Ek bedoel, gewoonlik se maatskappye dat “voorheen benadeeldes” kry voorkeur, wat eintlik maar beteken Euro-Afrikane kwalifiseer nie. Nou het ENB dit maar net blatant gestel, sonder om dit te verdoesel. Ek glo dus nie dis iets nuuts of uniek nie. Ek weet nie regtig of die NG Kerk ‘n rol het om te speel nie. Ek weet nie of die NGK reds genoeg morele kapitaal (na apartheid) opgebou het om betrokke te raak by kwessies namens Euro-Afrikane nie of enige ander rasse-sake nie. Ander kwessies, soos die barbaarse geweld wat die land teister, is natuurlik ‘n ander saak. Daar behoort die kerk ten volle betrokke te wees.

  4. BiB: Ek hoor jou standpunt van morele kapitaal en dalk het jy ‘n punt beet. Ek weet ook nie of ons die morele moed het om sake soos hierdie aan te spreek nie.
    Ek is nie eers heeltemal seker waar ons kan begin om morele veld te wen nie. Dalk moet ons maar deur sulke sake begin om ons net hoorbaar te maak. Dalk moet ons ons openlike steun aan Solidariteit toese. Op hierdie stadium kry ek soms die indruk dat die goeie guns van die regering belangriker geword het.
    Van ons gemeentes, bv, in die Kameeldrif omgewing wat geteister word deur verskriklike geweldmisdade, is wel betrokke by die misdaad aangeleenteid.

  5. Attie, ek dink die reaksie van die NGK hang nou saam met die kerk se selfdefinisie. Sien die NGK homself as verteenwoordigend van Afrikaner-gelowiges, Euro-Afrikaanse gelowiges of alle gelowiges? As die NGK homself as ‘n Afrikaner-kerk definieer, dan behoort die kerk tot sulke kwessies toe te tree, maar as die NGK homself as ‘n kerk vir alle gelowiges definieer, behoort sulke kwessies eerder gelaat word vir die politici om oor te redeneer.

  6. BiB: Ek dink juis dat as die NGK homself wil (laat) definieer as ‘n kerk vir alle gelowiges inneem, moet hy standpunt inneem teen diskriminasie teen een groep mense.

    “All people are created equal”, is ‘n stelling wat ek nou skielik aan dink, en dalk meer spesifiek, “All children of God are equal in His eyes”…

    Maar dan moet die NGK sekerlik net onthou om standpunt in te neem oor ALLE tipes diskriminasie, wat miskien nog nie 100% oral gebeur nie…

    Dis maar my gevoel… Ek weet nog nie of dit my finale standpunt is nie…

  7. Attie: Natuurlik moet die kerk standpunt inneem teen alle ongeregtigheid en diskriminasie in die samelewing, ongeag wie dit pleeg. Dis die redikaliteit van Jesus se koms na hierdie wêreld. Jesus se boodskap was nie net om “siele te red” nie. Hy spreek die samelewing en instansies aan wat meedoen aan hierdie ongeregtigheid.

    Die NG Kerk se probleem om met gesag te praat, is die diepgewortelde rassisme in eie geledere wat nie aangespreek word nie. Die “jammersê” oor apartheid moet opgevolg word met dade. Luister maar net rondom braaivleisvure hoe lidmate onbeskaamd rassisties is oor kerkvereniging (maar een voorbeeld). Daar sal geen geloofwaarding in die protes van die NG Kerk wees, om nou te reageer omdat “wittes” benadeel word nie.

    Natuurlik is die ENB voorval rassisties – net soos talle ander politieke uitsprake wat ons daagliks hoor. Dit is ‘n valsheid dat net “wittes” of Afrikaners rassisties optree. Baie keer kry ek die gevoel dat die rassistiese kaart gespeel word, net om eie rassisme weg te steek.

    Ek sal graag die NG Kerk se stem wil hoor oor ongeregtigheid en rassisme, maar dan nie net wanneer “wittes” benadeel word nie, of plaasmoorde gepleeg word nie. Ook oor die daaglikse sosiale ongeregtigheid in “townships”. Is dit nie ‘n verantwoordelike kerklike optrede?

  8. Al die jare was ons blankes gewoond aan die room van die oes.Het ons die beste vir onsself gehou,en ook die minder beste,het ons die meeste geld,hoogste posse gehad en skelname aan die minder bevoorregtes gegee.Ons het op hulle neergekyk,kan amper se hulle was ons proefkonyne.Dink terug…….dink aan alles.Al wat vandag gebeur,is regstelling van saad wat ons gesaai het.Die oes het nou opgekom en nou dat ons dit moet maai,nou beskuldig ons hulle presies van wat hulle ons van beskuldig het.Ja,hulle steel,so ook ons,hulle moor,so ook ons.Hoe is dit moontlik dat bloedgewaste,Geesgevulde kinders van die hoogste God hierdie tipe van vrugte dra,wat ons nou dra?
    Beskuldigings,rassistiese name,slegpraat,bespotting van hulle maak?Kinders van God tree nie so op nie.Kinders van God gun ander die kans op vooruitgang,oprigting,voorspoed ens.Die oomblik wat ‘n mens gereed is om te ontvang is daardie oomblik wat hy opreg bly is in sy hart dat iemand iets ontvang en dat daardie persoon opgelig en bevoordeel word.Hoekom wil mense en ook God se kinders deelneem aan boikotte(eie vleeslike werk)om ‘n ander een te laat swik om jou weg te aanvaar.(dit is demonies)Ons hoop en vertroue le in God en in God alleen.Hy is ons voorsiener.
    Welgeluksalig is die man wat NIE wandel in die raad van die goddelose nie,en NIE staan op die weg van die sondaars en NIE sit in die kring van die spotters nie……………..maar sy BEHAE is in die wet van die Here……………….en hy SAL wees soos ‘n boom…………..Lees Psalm 1
    God is nie ‘n rassis nie,Hy sien nie kleur raak nie,HY kyk na ‘n hart wat onverdeeld op Hom gevestig is.Hierdie wereld kan ons nie red nie,maar slegs Jesus Christus.Ek gun aan almal dieselfde en ek vrees nie oor my toekoms nie.Ek weet wie is in beheer,Kom ons wees nou almal bome wat geplant is by waterstrome en hou op om bome te wees wat nie by ‘n waterstroom geplant is nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: