Panteïsme se basiese uitgangspunt is: Alles is God en god is alles. God is teenwoordig en God is in sy skepping teenwoordig. God is nie ‘n persoonlike god nie, die skepping is God.
Panteïsme sou so verduidelik kon word: “Jy is vir God soos een van jou bloedselle vir jou is. Alhoewel ‘n sel op sy eie kan bestaan en optree (ander sel vernietig of nie vernietig nie), het die sel gewoonlik net ‘n baie beperkte verstaan van die groter geheel waarvan dit deel is.
Panteïsme het ook oorgeloop in panenteïsme.
Die basiese lewensuitkyk van Panenteïsme is: God bestaan in en is deel van elke deeltjie van die skepping, maar bestaan ook tydloos buite en los van die skepping. God is in alles en alles is in God. Die Hindoe geloof word as panenteïsties beskou. Daar was ook in die onlangse verlede prominente Christene wat begin het om hulleself as panenteïste te beskryf.
Volgens panenteïste is daar geen skepper nie, maar daar is wel ‘n goddelike krag wat die ganse skepping vul sodat alles op een of ander manier in ‘n geheel saamgevoeg word. Hierdie skepping is die enigste wat daar is. As mens het jy nie jou ontstaan in God nie, en is daar ook geen toekoms vir jou by God nie. Die mens is wel op een of ander geestelike wyse aan die opperwese gekoppel, maar eintlik is jy op jou eie.
Hierdie goddelike mag raak nie betrokke by mense se nood en swaarkry nie, maar het dit in totaliteit aan die mens oorgelaat om dit te doen of dan nie te doen nie.
In hierdie benadering is daar wel ruimte vir Jesus Christus en word Jesus se aanspraak om die Seun van God te wees nie betwis nie, want dit is wel so dat God in alles is, maar alles nie in God is nie. God is in Jesus, soos Hy ook in elke ander mens is, en Jesus kan dan ook in ‘n meerdere of ‘n mindere mate in God wees.
Daar is wel ‘n skepping, maar daar is nie ‘n Skepper nie. Daar is wel reg en verkeerd, maar elkeen besluit vir homself wat reg en verkeerd is. Daar is wel geod en sleg maar wat bevorderlik is vir almal is goed, en iets wat nie bevorderlik is almal nie, is sleg.
In panenteïsme is daar nie ruimte vir ‘n persoonlike verhouding met God wat jou van die ewige dood wil verlos nie.
Attie, ek het nou nie veel by te voeg nie, maar wou net se ek vind die reeks inskrywings baie interessant. Baie het ek geweet, maar heelwat is ook nuut vir my. En dan sommer net vir jou en die gesin ook:
Geseende Kersfees!
Attie, dink jy mens kan ‘n panteis en ‘n Christen gelyktydig wees? In die tradisie waarin ek grootgeword het, is die idee van ‘n persoonlike God redelik sentraal tot die Christendom; maar ek weet daar is ook meer mistieke vorme van die Christendom wat God dalk effens anders verstaan. Ek wonder nogal waar jy sou se^ mens die grense van die Christendom moet trek – want sekerlik is daar tog e^rens grense.
Bertus: Die mistieke aanpak van mense se verhouding met God is op hierdie stadium weer al hoe meer besig om veld te wen, veral by die jonger mense onder 35 wat tog op soek is na een of ander geestelike ervaring, maar dit nie noodwendig as Christene of binne die Christelike geloof vind nie. Hierdie jongmense “shop” by die verskillende godsdienste en neem uit elkeen wat vir hulle die beste is. Die gevolg is dat elke een van hulle selfs sy eie vorm van “geestelike belewenis” sou kon hê. Daardie behoefte aan ‘n geestelike ervaring is deur God daar geplaas en die mens sal nie tot rus kom voordat hy sy rus in God vind nie.
Ek persoonlik dink dat daar in die skepping geweldig baie dinge is wat jou daarop sou wys dat “Iets” of “Iemand” vir die skepping verantwoordelik is en agter die skepping aan die werk is, maar ek dink noe jy kan God in die skepping vind nie. Dan sou mens juis in jou soek na ‘n “geestelike ervaring” die skepping ook kan aanbid omdat jy god daarin vind. Iiets soos ‘n padteken wat aandui dat Pretoria vorentoe is, maar die padteken is nie Pretoria nie.
Maar my manier van verstaan.